|
Daars plek in die hemel vir straightsVan Andries Joubert aan Karen Barnard
Op die vooraand van die Russiese rewolusie het die Russies Ortodokse Kerk gesit en tob oor of daar tossels aan die togas moes wees of nie. Plaaslik baklei die Gereformeerde Kerk daaroor of ongetroude mans wel diakens mag wees, en die NG Kerk hier naby hou steeds op n Sondagmiddag garagediens. Wanneer gaan Karen en haar liefdevolle kerk begin om haar eie Here se skepsels te aanvaar, in plaas daarvan om oor onbenullighede te spekuleer en aannames te maak? Liewe Karen, onthou tog net dat my Here ook vir jou lief is. (Daar is `n spesiale plekkie in die hemel vir straights.) Onthou ook dat straights ook maar drange en bankrekenings mag hê, hulle mag ook deesdae stem, en vandat hulle begin kinders maak het, is tien persent daarvan gay. Dit kan dus net hulle eie skuld wees ... |
||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |