|
Dis mý storie dié 5Astrante astronautAdamThe following is a dream I had in 2001. As unrealistic as it seems, it was the clearest and longest dream I've ever experienced ... NASA het 'n groot probleem gehad, want hulle spaceships het almal ontplof wanneer hulle die atmosfeer binnegekom het op pad terug aarde toe. Nadat hulle toe 'n klomp toetse gedoen het, besluit hulle om eerder vrywilligers as astronauts in hulle volgende vlug op te stuur, want dit kos te veel om 'n astronaut te verloor. En so stuur ek my naam vir hulle, en hulle laat weet my ek moet kom, hulle wil toets of ek okay is om die vlug mee te maak. Hulle het my allerhande IK- en aanlegtoetse laat doen, en daar word ek toe gekeur as 'n passasier. Ek was baie excited, want ek is mal oor vlieg en sou nou nog hoër as ooit kon vlieg, en boonop sal ek die eerste ou wees wat 'n nuwe tradisie verhewe bo dié van die mile-high club gaan ervaar. Anyway, so breek die dag van ons vertrek toe aan, en almal is by die spaceport. Ook Brümilda van Rensburg, met so 'n stone-kleurige nommertjie wat glitter onder die spaceport se ligte. Hare mooi op in 'n bolla, en rooi lipstick. Ek loop toe na haar toe, vra haar of sy my nie asseblief sal vertel wat in Egoli gaan gebeur nie, want wat as die spaceship ontplof en ek nooit weer terugkom nie, en dan nooit gaan weet nie? Sy vat my toe om die skouer en ons loop uit die skare; toe sê sy vir my sy mag my nie rêrig vertel nie, maar al die allegations oor haar is waar. Uiteindelik klim ons op. Ek het twee blou tasse (elke passasier mag net twee stukke luggage gevat het). En daar vlieg ons die ruimte in. Nou, NASA het 'n hele program uitgewerk om ons besig te hou, en so het ons almal 'n kans gekry om space-suits aan te trek en te space-walk. Ek kan onthou dat dit so weird was, want dit het altyd op TV gelyk asof die mense sweef, maar vir my het dit eerder gevoel asof ek op 'n stuk deursigtige glas staan: dit was soos solid earth onder my. Toe breek die tyd aan dat ons moet terugkeer, en ek is skielik baie geworried, want alhoewel ek dit nie kon onthou nie, het ek seks gehad met 'n man hier bo en dis 'n sonde en nou gaan ons terug en al die vorige spaceships het ontplof as hulle die aarde se atmosfeer binnegaan en nou sal ek doodgaan en reguit ek hel toe gaan. Panic attack, en ek begin bid en vra om vergifnis vir die vale. En toe pas hulle iets soos 'n massa-narkose op ons toe sodat ons almal aan die slaap raak. Ingeval die spaceship gaan ontplof, dan gaan ons sag mee. Ek kom by op die spaceport, baie dankbaar dat ek nie in die hel is nie. Buite is almal weer daar, ook Huisgenoot, wat my vra of hulle 'n artikel kan doen en my op die voorblad van die volgende uitgawe mag sit. En ek moet hulle sommer alles vertel, ook van die new-and-improved mile-high club, en of ek al aan 'n naam gedink het daarvoor. Ek gaan in 'n state van shock, want hoe weet hulle dit alles? Nee, sê hulle, daar was kameras aan boord wat alles afgeneem het, soos met Big Brother, en het ek nie die fineprint gelees op die spacetrip-kontrak nie? Ek was baie ontsteld, want nou weet die hele wêreld ek is skeef. Moenie worry nie, sê Huisgenoot, dis cool om gay te wees en Bronx het vir my 'n verwelkomingspartytjie gereël as ek terugkom in die Kaap. Die tema is "Hip2Bgay". Ek sê wag net gou, ek moet eers my twee blou tasse van die conveyor belt gaan afhaal, dan sal ek met julle praat. Daar gekom, kry ek net een tas, die ander een is weg. Watse soort plek is dit? Hulle kan jou op 'n trip space toe stuur, maar hulle kan nie bagasie doen nie! skree ek hand in die sy. Ek hoor iemand van Huisgenoot skree ek moet hulle sue, dan kan hulle die storie in die Ware Lewensdrama-seksie sit. En toe skakel hulle die conveyor belt af. Ek sien 'n ou bo in 'n toring sit wat besig is om al die ligte af te skakel. Ek skree vir hom om als weer aan te sit, ek het nog nie my ander tas gekry nie. Dis so 'n vierkantige vinyl tas, 'n bloue met my voorletters daarop. Daar was nog van my tannie se beskuit oor in die tas, ek het nie alles geëet nie, want die ander passasiers het gekla dat krummels rondsweef en in moeilike plekke gaan sit. (Ek sal nou kan doen met 'n koppie koffie, beskuit en 'n sigaret.) Maar die ou sê sy ure is om, en hy het 'n gesin om na om te sien, en ek moet met die vakbond praat oor oortyd. En toe skakel hy die overhead floodlights af, en alles word donker. Ek sien iets soos 'n verskietende ster bo in die lug; dit lyk amper soos 'n spaceship wat ontplof. Toe wonder ek: is ek nie dalk wél in die hel nie?
NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
|
||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |