|
Variasie op n tema van Danie die SangerAbel PienaarVolgens Abel Pienaar wil sommige vromes lid word van God se sedelikheidspatrollie, maar laat die swaarste van Sy wet na. Die debat van die Danies is nie nuut nie. Christene onder mekaar, en Christene en nie-Christene, stry al eeue lank, en soms oor die simpelste goed. Maar dalk is dit tog insiggewend om te kyk hoe die eerste Christene en baster-Christene (Grieke en Romeine) hul konflikte besleg het. Ek het die stoffies afgeblaas van my 1933-vertaling-Bybel - dis mos wat Danie die Sanger gebruik - en Matthéüs en Handelinge gelees, soos lanklaas. En weer onder die indruk gekom van hoe min geduld Jesus met die vrome mense van sy tyd gehad het. Uit Matthéüs 23: En hoe gou het die wettiesheid van die Joodse vromes na die eerste Christene oorgewaai! Soos op die eerste sinode (Handelinge 15): 1: So gesê, so gedaan - mooi, face-saving kompromis, broer Jakobus - en dan sê die brief: 28: Om verder geen las op julle te lê nie as hierdie noodsaaklike dinge … dan sal julle goed doen. Nie: anders kan julle nie gered word nie, soos die vromes in vers 1 dit wou hê nie. En die noodsaaklike dinge? Nie die besnydenis waaroor Joodse en Griekse Christene verskil het nie; nie homoseksuele praktyke nie, dit waaroor die Grieke van daardie tyd kwalik n wenkbrou sou gelig het, maar waarvoor die Jode gegru het; nie moord of verkragting nie, want daaroor het Jode en Grieke saamgestem. Net: afgodsoffers, die eet van bloed, ooglopende nie-kosjer vleis en hoerery. En driekwart van hierdie beperkinge - toevallig alles wat nie met seks te doen het nie - is vandag nie meer vir Christene n issue nie. Dit was n kompromis vir die oomblik, vir die omstandighede van die tyd. Of hoor ons die vromes nog oor offer- en kosjervleis en bloed eet preek? Die verwysing van Petrus hierbo na die heidene wat deur sy mond die evangelie gehoor en gelowig geraak het, slaan op Cornelius, n Romeinse hoofman oor honderd en sy familie en besondere vriende waaroor in Handelinge 10 vertel word. Cornelius het boodskappers na Petrus gestuur om hom te gaan haal. Terwyl die boodskappers nog op pad was, het Petrus op die dak geklim om te bid, en in n verrukking van sinne n voorwerp soos n groot laken wat aan die vier hoeke vasgebind was uit die hemel sien neerdaal. Daarin was onreine viervoetige diere en wilde en kruipende diere en voëls. Hy was baie honger. 13: En terwyl Petrus nog by homself daaroor verleë was, staan Cornelius se boodskappers by die poort. Petrus het hulle by hom laat oornag en die volgende oggend saam met hulle na Cornelius gereis. 27: Nou wonder ek maar net: as die vromes van vandag n soortgelyke verrukking van sinne kon beleef en op die laken twee gay mans of vroue in omhelsing aantref, sou dít hulle oortuig? Of sou hulle sê: Nee, Here, dis vir my n gruwel, ek walg daarvan, U is vir my te radikaal? Sou hulle die grasie - of die genade - kon vind om n slag by hulself oor die sekerheid van hul standpunte verleë te raak? Of sou hulle daarop aandring dat die Boek sê: julle moet besny wees, julle moet straight wees, julle mag nie by mense wat vreemd of anders is se huis ingaan en met hulle brood breek nie? God was nog altyd te radikaal vir sy kinders. Hoeveel van ons faal nie bedroef die toets saam met die ryk jongman nie? As jy volmaak wil wees, gaan verkoop jou goed en gee dit aan die armes, en jy sal n skat in die hemel hê; en kom hier, volg My. (Matt. 19:21.) Baie Christene - ook die heel vromes - sal argumenteer dat Jesus dit tog nie letterlik kon bedoel het nie. Die dissipels was self verslae oor wat Jesus daarna oor rykes, kamele en die oog van n naald te sê gehad het en het gevra: Wie kan dan gered word? Maar Jesus het hulle aangekyk en vir hulle gesê: By mense is dit onmoontlik, maar by God is alle dinge moontlik (Matt. 19: 25-26). Of is dit te erg? Sê ons vir Hom: Here, met respek, maar wragtag, nou verwag U darem te veel van my! Dis onprakties, en bowendien onhaalbaar, om in ons omstandighede VIGS-wesies te versorg, om by mense in hul shacks of in die gutter te gaan sit, om hier en nou iets aan hul armoede te probeer doen. Of om moordenaars en verkragters in die gevangenis te gaan besoek, en mense wat nooit n kans in hierdie onbarmhartige sisteem van ons gehad het nie - straatkinders, mishandeldes, sekswerkers, verstotelinge, verslaafdes, sterwendes, ook dié met VIGS. Nee, Here, ek gru daarvan! Gee my tog iets wat meer natuurlik kom vir my bekrompe, verharde hart, soos om mense van die ewige lewe ééndag te vertel - te hel met die hier en nou! - of om die evangelie van vooroordeel teenoor gay mense te verkondig. Gebruik my asseblief tog liewer in u sedelikheidspatrollie. En die swaarste van die wet laat julle na: die reg en die barmhartigheid en die trou. Blinde leiers, julle wat die muggie uitsif, maar die kameel insluk! Dan bly daar nog in Matthéüs 7 seker die benouendste woorde wat in die Bybel opgeteken staan, vir ons almal, gays én vromes: 21: Selfs nie elkeen wat al te spoggerig (en kliekerig) vir Hom YESHUA HA MASHIACH gesê het nie. 14 Januarie 2004 |
||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |