FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Woman on Top

Suzette Kotzé

Spelers: Penélope Cruz, Murilo Benicio, Harold Perrineau Jr, Mark Feuerstein
Regisseur: Fina Torres
Vertoontyd: Vanaf 17 November

Daar’s nie ’n resep vir die liefde nie ... of is daar? Hierdie genotvolle (eintlik moet mens sę geurige), sprankelende film oor kos, passie en die godin van die see wys daar is wel!

Dit vertel die verhaal van Isabella (Penélope Cruz), ’n pragtige jong vrou wat kan kos maak wat die gode sal verlei, maar sy het een probleem: sy ly van kleins af aan rysiekte. Haar enigste manier om dit te beheer, is as sy die beweging beheer. Dus bestuur sy as sy en haar man, Toninho, op hul bromponie deur die strate van Bahia ry, sy stuur as die Brasiliane dans met karnaval, en in die bed moet sy ook altyd bo wees.

Alles goed en wel, maar na drie jaar kan machoman Toninho se ego dit nie meer verduur nie, en hy verneuk Isabella sodat hy ook net ’n slag “bo” kan wees. Sy betrap hom, en toe is die gort gaar. Rysiekte ofte not klim sy sak en pak op ’n vliegtuig San Francisco toe en los hom alleen met hul restaurant waar sy die chef was.

Sy trek in by Monica (Harold Perrineau Jr), ’n jeugvriend en fopdosser (die toneel waar die twee “vriendinne” in die bad sit en gesels, is wonderlik), en begin vir haar werk soek as chef. Per geluk kry sy ’n tydelike aanstelling as dosent by ’n kookskool, maar net soos sy haar trouring nie van haar vinger kan afkry nie, kan sy Toninho ook nie uit haar gedagtes kry nie. Al oplossing, sę Monica, is ’n offerande aan die godin van die see, maar, waarsku sy, as Isabella eers haar liefde na die bodem van die see gestuur het, sal sy dit nooit weer terugkry nie.

Nadat Isabella die offerande gemaak het, glip die trouring af en begin haar nuwe lewe, en kort voor lank het sy haar eie kookprogram op TV, Passion Food. Intussen is ’n berouvolle Toninho op pad San Francisco toe om sy Isabella te kom terugvat huis toe, terwyl haar programbestuurder, Cliff Lloyd (Mark Feuerstein), op sy beurt vasberade is om Isabella se hart te verower …

Woman on Top is een van daardie heerlike flieks wat jy net kan terugsit en geniet, soos ’n perfek bereide ete in ’n kersverligte restaurant. Penélope Cruz is asemrowend pragtig as die vrou wat ’n hele straat vol mans agter haar kan laat aanloop sonder dat sy eens bewus is van haar aantrekkingskrag. Murilo Benicio as Toninho steek bietjie af teen haar met eendimensionele toneelspel, maar hy is immers minder belangrik en darem heel oortuigend as die Latynse minnaar wat ’n paar lesse moet leer oor vroue, die liefde en gelykheid van die geslagte. Harold Perrineau Jr se karakter sorg vir al die grappies en dwarsklap-kwinkslae á la Priscilla, Queen of the Desert.

Die eksotiese Brasiliaanse agtergrond, smeulende musiek en kleurryke kos maak dié film ’n fees vir die sinne, en daar’s nie ’n rooirissie uit plek met die aanbieding en inkleding nie. Gaan kyk en geniet!

Suzette Kotzé, vryskut-skrywer, vertaler en uitgewer

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.