FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Swimming Upstream

Suzette Kotzé
verbatim@intekom.co.za


Spelers: Geoffrey Rush, Judy Davis, Jesse Spencer, Tim Draxl, David Hoflin
Regisseur: Russell Mulcahy
Vertoontyd: Vanaf 3 Oktober

’n Fliek wat in ’n vroeër era afspeel kan so maklik deur die deursnee-fliekganger misgekyk of afgeskryf word omdat daar nie altyd geredelik met die tydvak geïdentifiseer kan word nie. Daarom is dit vir die filmmaker, soos vir die romanskrywer, ’n uitdaging om ’n storie uit die verlede toeganklik vir hedendaagse gehore aan te bied.

Die Australiese regisseur Russell Mulcahy kry dit met Swimming Upstream reg deur te fokus op ’n universele menslike konflik: die stryd tussen pa en seun. Saam met die gewilde sporttema van die verloorder wat uiteindelik bo uitkom, skep hy ’n boeiende studie in gesinsverhoudinge.

Die fliek vertel die ware verhaal van Tony Fingleton, Australië se Olimpiese swemkampioen in die vroeë 1960’s, met die draaiboek wat gegrond is op Fingleton se outobiografie. Die Fingletons is ’n arm werkersklasgesin in Brisbane, met pa Harold (Geoffrey Rush) ’n hawewerker en ma Dora (Judy Davis) ’n huisvrou. Tony (Jesse Spencer), die tweede oudste seun, se stryd van kleins af is om sy pa se goedkeuring te probeer wen. Met sy liefde vir teken en klavierspeel haal hy hom telkens sy pa se argwaan op die hals omdat hy te sissierig is en nie aanleg het vir die manlike sportsoorte soos rugby en boks waarin sy oudste broer (David Hoflin) uitblink nie. Dat sy pa, wat geneig is tot woedeuitbarstings en worstel met alkoholisme, telkens werkloos is en sy ma dit dan moet ontgeld, maak sy kinderlewe nie makliker nie.

Maar toe Tony se pa eendag per ongeluk uitvind dat hy en sy jonger broer John (Tim Draxl) al twee ’n besondere aanleg vir swem het en hy hulle begin afrig, lyk dit of Tony tog sy pa se guns sal kan wen. Die verhaal stuur egter af op ’n bittere verraad, van dié soort wat families verdeel en verliese meebring wat nooit goed gemaak kan word nie, soos ten slotte blyk uit die gegewens oor waar Tony Fingleton hom vandag bevind.

Jesse Spencer is in alle opsigte oortuigend as die toegewyde jong swemmer wat uiteindelik sterstatus bereik en ’n gesogte sportstudiebeurs in Amerika verwerf. Ook Tim Draxl blink uit in sy moeilike rol as die jonger broer wat tegelykertyd Tony se vriend en opponent is — daar is ’n besondere chemie tussen dié twee. Vir die volwasse akteurs het die regisseur baie goed gekies met twee van Australië se voorste sterre, Judy Davis en Geoffrey Rush. Davis lewer soos gewoonlik ’n foutlose vertolking as die sukkelende, onderdrukte Dora, maar die fliek behoort onteenseglik aan Rush. Dié akteur verstom telkens in die mees uiteenlopende rolle: daar was die briljante maar versteurde pianis David Helfgot in Shine, die maniese markies De Sade in Quills, die onwaarskynlike romantiese held in The Banger Sisters (teenoor Goldie Hawn), tot die pynlik beheerste pa in die onlangse trefferfliek Lantana — en dis maar net ’n paar van sy rolle.

Swimming Upstream is ’n bittersoet verhaal van verwerping én liefde wat nog lank ná die kyk by ’n mens bly draal — die tragiek van die verbitterde Harold Fingleton wat vasgevang sit in die verlede en op sy beurt vernietiging saai, is net só algemeen en herkenbaar. Die talle swemkompetisies (weliswaar met ’n interessante dubbelskermtegniek aangebied) het later vir my te lank en te dieselfde gevoel, maar sportentoesiaste sal seker daaroor verskil. Die outentieke periode-inkleding, van die kostuums tot die interieurs, verdien ’n ekstra groot pluimpie.


boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.