FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Unfaithful

Suzette Kotzé

Spelers: Diane Lane, Richard Gere, Olivier Martinez, Erik Per Sullivan
Regisseur: Adrian Lyne

Onmoontlik hoë swart stiletto’s lei tot ’n vrou se val, dit ly geen twyfel nie. Wie weet vir hoeveel sosiale euwels is belaglike modegiere nie nog verantwoordelik nie, ’n feit wat die feministe al jare gelede besef het?

Want as Connie Sumner (Diane Lane), ’n New Yorkse vrou wat op die oog af alles het wat haar hart begeer, nie op daardie spesifieke dag genoemde stiletto’s aangetrek het nie — terwyl sy weet daar woed ’n windstorm buite — het hierdie verhaal dalk nooit gebeur nie. Connie, gegoede en toegewyde eggenoot en ma uit die voorstede, word met arms vol inkopies letterlik oor die pad gewaai van Paul Martel (Olivier Martinez), ’n aantreklike Fransman heelwat jonger as sy. Hy blyk ook ’n subtiele, sjarmante verleier te wees — en Connie swig. Die aand by die huis vertel sy haar man, Edward (Richard Gere), van die ontmoeting, maar ’n paar dae later vind sy tog ’n rede om die Fransman weer te sien. Dit lei tot ’n vurige affair, wat mettertyd obsessiewe proporsies by Connie aanneem.

Maar ’n huwelik van elf jaar, saamgebind deur ’n negejarige seun (Erik Per Sullivan), beteken dat twee mense mekaar haarfyn ken — en veral vertrou. Dis pynlik om te sien hoe Edward geleidelik die klein leidrade van Connie se verraad begin optel, terwyl sy op haar beurt al meer onverskillig word, en spanning begin by die kyker opbou. Wanneer gaan hy uitvind? Hoe gaan hy uitvind? Of gaan sy betyds die affair beëindig en terugdraai? Kán ’n mens terugdraai as dinge eers by ’n sekere punt verby is? En altyd: volwassenes kan bande bind en ontbind, maar wat van die kind?

In elke liefdesdriehoek is die moontlikhede omtrent oneindig; een ding is egter altyd en onomstootlik waar: verraad eis ’n baie hoë prys, nie net van die ander nie, maar ook van jouself. Regisseur Adrian Lyne (die skepper van onder meer Fatal Attraction, Indecent Proposal en die uitstekende Lolita) laat speel hierdie ou-ou tema op ’n besonder boeiende manier uit, wat versterk word deur die oop einde.

Die hoofspelers lewer deurgaans puik spel en elk is nommerpas gekies vir hul rol. Olivier Martinez steek sy karakter se ware aard aanvanklik so goed weg dat die kyker hom saam met Connie vertrou. Diane Lane handhaaf ’n skrynende balans tussen wêreldwys en onseker, en wat voorkoms betref, vang sy die New Yorkse chic van argelose, onderbeklemtoonde styl perfek vas. Richard Gere beïndruk, soos vroeër in Dr T and the women, in ’n rol waarin hy nie op sy aantreklike voorkoms en reputasie as hartebreker hoef staat te maak nie. Erik Per Sullivan as Charlie verdien ook ’n pluimpie — en vir ’n slag is hier ’n seun in ’n Amerikaanse fliek wat lyk soos ’n regte kind, nie soos ’n advertensie-voorbeeld van oulikheid nie.

Hierdie stylvolle, prikkelende film het my heeltemal verras. Van die dralende kameraskote van die openingstoneel af word ’n mens ingetrek in die atmosfeer van op die oog af “perfekte” lewens en verhoudings, maar met konflikte wat geleidelik al sterker onder die oppervlak kolk totdat dit ’n vernietigende maalstroom word. My enigste punt van kritiek is dat die moord te “maklik” plaasvind — ek is hoegenaamd nie gemaklik met grafiese geweld nie, maar die uitbeelding van dié vinnige dood was vir my onoortuigend. Dit tersyde, kan ek hierdie weldeurdagte stuk filmkuns met ’n oop gemoed aanbeveel.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.