FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Total loss (2000)

Coenraad Walters

Met: Roef Ragas (Duco van Poelgeest); Franky Ribbens (Jeroen Hekking); Yorick van Wageningen (Reinier Kloprogge)
Draaiboek: Marco van Geffen en Dana Nechushtan, gebaseer op ’n toneelstuk van Karst Woudstra
Regie: Dana Nechushtan
Verdere vertoning tydens die fees: Dinsdag 13/2 (22:00)

Met ’n geweldige slag en ’n groot ontploffing begin hierdie Nederlandse rolprent met die einde. Deur ’n verwikkelde reeks terugflitse kom die kyker agter waarom die drie mans saam in die motor was ten tyde van die ongeluk.

Hoewel die terugflitse geensins chronologies aangebied word nie (daar is dikwels terugflitse binne terugflitse binne terugflitse!) en die kyker dus deeglik moet konsentreer, word die blootlegging van die karakters se geheime en verledes so boeiend aangebied, dat ’n mens moeilik kan ontsnap aan die gang van die vertelling.

Duco is ’n dokter uit ’n ryk familie. Hy moet op Oujaarsaand ’n partytjie by sy ouers gaan bywoon, waar sy verloofde ook sal wees. Sy Nuwejaarsvoorneme is om die partytjie lelik te bederf.

Sy huismaat, Rainier, ’n lid van die werkersklas met ’n duister verlede en ’n lewendige verbeelding, gaan saam. Die subtiele aard van die verhouding tussen hom en Duco word so geleidelik blootgelê dat ’n mens aanvanklik onseker is oor wat nou werklik aangaan (en dit blyk dat hulle self ook nie werklik seker is nie).

Die derde insittende in die motor is Jeroen, wat die vorige aand deur Rainier en Duco gered is na ’n selfmoordpoging.

Uit hierdie gegewens word ’n narratiewe web geweef wat met subtiele spel en uitstekende redigering aangebied word. Hoewel die prent nie maklik of noodwendig aangenaam is nie, is dit ’n uiters bevredigende rolprentervaring. Dit tel beslis onder die top prente wat ek nog ooit gesien het, en mag bes moontlik my stem kry vir die beste prent op vanjaar se Gay en Lesbiese Filmfees. Hopelik word dit weer vrygestel op die kunsfliekkringloop.

Dis vir rolprente soos hierdie dat ’n mens die organiseerders van die Fees spesifiek wil bedank. En jy ys as jy hoor dat die Fees bes moontlik nie weer gaan plaasvind nie omdat dit so moeilik is om borgskappe te kry. Die spitsvondige advertensie om hierdie situasie te verduidelik is alleen die moeite werd om na ’n fliek op die Fees te gaan kyk! Lesers wat geïnteresseerd is in die Fees, kan gerus die organiserende instansie, Out in Africa, se webblad (www.oia.co.za) besoek, onder meer vir inligting oor hoe om te verseker dat die Fees kan voortbestaan.

Maak seker dat jy by Total loss uitkom.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.