FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Baie nageboots

Fritz Mouton

Om dié 25-jaar-oue slagtersfliek weer te aanskou is min of meer dieselfde as om ’n vrot doodskis oop te pluk en inspirasie vir elke denkbare kontemporêre gruwelfilm oor die rand te sien klouter.

Selfs hedendaagse, blasé gehore skrik hulle steeds boeglam vir die prent. The Texas Chainsaw Massacre verruil storie- en karakterontwikkeling vir soveel sensoriese vuishoue as wat moontlik is op een silwerdoek.

Na berigte oor grafplundery en lykskending besluit ’n groepie jong mense om te gaan seker maak dat oorle’ ouma en oupa nie ook in die slag gebly het nie. Op pad laai hulle ’n vreemde ryloper op wat dan vinnig uitgesmyt word as die mal vent homself begin oopslag met sy skeermes en histeries aan die lag raak ...

Die maats stop om brandstof in te gooi en maak dan die simpel fout om oor te suiker na ’n afgeleë huis daar naby. Dit sal ’n sonde wees om die res van die verhaal hier oor te vertel ...

Dit is fantasties dat ’n film soos die, wat al so baie nageboots is, nog steeds nie in een groot cliché verander het nie.

Snaaks genoeg is The Texas Chainsaw Massacre nie werklik grafies nie, veral in die konteks van vandag se gruwelflieks wat poog om jou te laat gril, naar te maak of jou van vrees te laat sidder.

Wat die fliek so besonders maak, is die feit dat die kyker bly wonder wat die storie agter dié storie is, wat daai kannibalistiese familie aanvang as die kameraman gaan inkruip. Dis die gedagtes wat aan ’n mens bly vreet.

Die prent is geskiet in ’n tweedimensionele, amper dokumentêre styl, maar dit is asemrowend om te aanskou.

Daai huis, afgeëts teen ’n sonsondergang, of die sitkamer vol bene, het ’n rou skoonheid wat niemand nog kon naboots nie. Tobe Hooper skep dié “harmonie” met ’n 2c-begroting.

Die enigste probleem met The Texas Chainsaw Massacre is dat ’n mens meer van ’n verduideliking aan die eindig verwag — so half ’n finale. Maar die afwesigheid daarvan pla geensins. Trouens, dit word in elk geval oorskadu deur die film se algehele briljantheid.

Hedendaagse gruwelfilms is net nie meer bangmakers nie. Dis net te “slim” en “perfek” om die bloed in die are te laat stol. ’n Prent soos The Texas Chainsaw Massacre herinner mens aan dit wat hedendaagse gruwelflieks soos Scream en Friday the 13th nooit sal regkry nie - ’n storie wat die kyker tot in sy diepste wese laat sidder ...

Dit kry vyf uit vyf.

Hier volg die ander agt films wat oor die volgende paar weke bespreek sal word:

Re-animator; Regisseur: Stuart Gordon [1985]
Basket Case; Regisseur:Frank Henenlotter [1982]
The Shining; Regisseur: Stanley Kubrick [1980]
Rosemary’s Baby; Regisseur: Roman Polanski [1968]
Freaks; Regisseur: Tod Browning [1932]
Das Kabinett des Doktor Caligari; Regisseur: Robert Wiene [1920]
The serpent and the rainbow; Regisseur: Wes Craven [1988]
Halloween; Regisseur: John Carpenter [1978]

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.