FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Top tien flieks vir 2002

Suzette Kotzé

1. The believer
2. The piano teacher
3. No man’s land
4. Sade
5. A beautiful mind
6. Gosford Park
7. Y Tu Mamá También
8. Italian for beginners
9. Monsoon wedding
10. Amelié.


The believer
My vyfsterfliek van die jaar. ’n Ontstellende blik op die verwikkelde menslike verskynsel van rassehaat en/of selfhaat. Een van die dapperste flieks wat ek al gesien het, en ’n absoluut onvergeetlike vertolking deur Ryan Gosling as die Joodse neo-Nazi.

The piano teacher
Eweneens ontstellend en seker die beste visuele uitbeelding nog van die vernietigende krag van repressie in ’n mens se psige. Skitterspel deur beide Isabelle Huppert en Benoit Magimel.

No man’s land
Eenvoudig, uitstekend, met elke klein detail wat gewig dra — ’n waardige Oscar-wenner (buitelandse film). En dit beïndruk my altyd as ’n regisseur humor te midde van tragiek kan gebruik.

Sade
Een van Frankryk se mees omstrede persoonlikhede word met tipiese Franse flair uitgebeeld. Sade, die “vader” van sadisme, se sienswyses word interessant verweef met die wreedhede van die Franse Revolusie. ’n Puik rolverdeling en uitstaande toneelspel, veral deur Daniel Auteuil.

A beautiful mind
Die fliek wat ek amper nie gaan kyk het nie (ek meen, dit het so droog en neerdrukkend geklink), en wat my die meeste verras het. Die komplekse siektetoestand skisofrenie word só soomloos en oortuigend uitgebeeld dat jy eers by nadenke besef hoe goed dit eintlik gedoen is. Nog ’n waardige Oscar-wenner (beste film, regisseur en draaiboek).

Gosford Park
Ek is ’n Altman-aanhanger, en hy het nogmaals nie teleurgestel nie. Dig geweef, met Altman se kenmerkende aandag aan detail en sy eiesoortige spot. Van die indrukwekkende rolverdeling het Maggie Smith onteenseglik die meeste plesier verskaf.

Y Tu Mamá También
Stel ’n nuwe standaard vir “grootwordflieks” en die verlies van onskuld inherent daaraan. Wonderlik grinterige atmosfeer en onvergeetlike tonele.

Italian for beginners
Net toe ek begin dink het mens moet jou altyd staal vir Dogme-flieks, kom dié onbeskaamd romantiese film vol deernis en warmte. ’n Uitstekende voorbeeld van ekonomiese dialoog en beelding.

Monsoon wedding
Mira Nair doen haar reputasie as regisseur gestand met hierdie vrolike bontspul uit Indië. Een van daardie flieks met verskeie klein toneeltjies wat ’n mens altyd sal bybly.

Amélie
Heerlik aweregs, soos mens sou wou hê van die regisseur van die onvergeetlike Delicatessen. Die goudvis wat selfmoord gepleeg het, was my gunsteling.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.