FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Spring, Summer, Fall, Winter … and Spring

Suzette Kotzé-Myburgh

Koreaans met Engelse onderskrifte
Spelers: Ki-duk Kim, Yeong-su Oh, Young-min Kim, Yeo-jin Ha
Draaiboek en regie: Ki-duk Kim

Goeie kunsflieks was vanjaar nog maar dun gesaai, daarom het ek hierdie een gretig gaan kyk. Dankie tog vir die Labia wat nog die moeite doen om flieks in vreemde tale aan ons bekend te stel – en al is hierdie Koreaans-Duitse produksie reeds in 2003 uitgereik, is ’n mens nogtans bly dat dit darem enigsins hier gewys word.

Die verhaal volg die lewe van ’n Boeddhistiese monnik: vandat hy as klein seuntjie by ’n afgeleë tempel op ’n eiland in ’n bergmeer deur sy meester, ’n ouer monnik, onderrig word, deur sy tienerjare, tot sy volwasse jare. Soos die titel aandui, is die sikliese gang van die lewe ’n sentrale tema, ook soos die siklusse in sy eie lewe voltrek word. Dit staan alles op ’n besondere manier binne die groot siklus van lewe en dood.

Ek het lank laas ’n film gesien waarin die natuur so ’n integrale rol speel: op die kaal verhoog waarop vir lang tye net die jong monnik en sy meester verskyn, is die natuur as ’t ware die derde speler, deurgaans beklemtoon deur pragtige fotografie. Ook ’n versameling diere – visse, ’n padda, slang, hoenderhaan, hond, kat – versterk die manier waarop die mense se lewe geïntegreer is met die natuur. Daarmee saam hang ’n sterk simboliek, en veral die vis en die slang word treffende metafore in die jong monnik se (pynlike) lewenslesse. Die kat sorg darem vir ’n welkome bietjie humor!

Hoewel ek ’n groot liefhebber is van vreemdetaalflieks en die ánder wêrelde wat hulle aan die kyker bring, voel dit of hierdie film tog ’n klompie leemtes het wat nie net te wyte is aan my gebrek aan agtergrondskennis nie. Dis asof die storie by tye net té yl vertel word, en gapings ontstaan wat die kyker nie by magte is om self in te vul nie. Daar is bykans geen dialoog nie, en ’n mens besef opnuut die waarde en belangrikheid van dialoog wat net die regte hoeveelheid inligting en verheldering gee sonder om die vertelling te oorlaai. Met boekskryf is die ou reël: “Don’t tell me, show me”, maar hier het ek gewens vir ’n bietjie minder “showing” (lang skote van natuurtonele, herhalende rituele soos die oop- en toemaak van deure, tonele swaar gelaai met simboliese handelinge, en so meer) en meer “telling”!

Tog is daar veel om te geniet in hierdie fliek: die wysheid en deurleefdheid van die meester wat met soveel geduld en liefde, maar ook dissipline en strengheid, sy leerling onderrig; die skoonheid van ’n lewe van geestelike toewyding sonder om ooit die werklikhede van die menslike natuur buite rekening te laat; die bevredigende sluiting van ’n verhaal van val en verlossing.

Kortom, dis nie uitstaande nie, maar dis die moeite werd om te gaan kyk.




LitNet: 21 Junie 2006

Wil jy reageer op hierdie resensie? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.