FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

  • Sister Innocenta writes about sex and romance on the screen — with reference to Intimacy and Romance

    Romance

    Suzette Kotzé

    Frans met Engelse onderskrifte
    Regisseur: Catherine Breillat
    Spelers: Caroline Ducey, François Berleand, Rocco Siffredi, Sagamore Stévenin

    Moenie dat die titel jou mislei nie: behalwe as dit ironies bedoel is, is romantiese liefde ongeveer die laaste ding wat jy in hierdie donker Franse film sal aantref. Wat dit wel bied, is ’n uiters boeiende kyk na die oeroue liefdestryd tussen man en vrou, en veral hoe dit uiting vind in seks en seksuele verhoudings.

    Die hoofkarakter, Marie (Ducey), koester ’n hopelose, verterende liefde vir Paul (Stévenin), ’n manlike model. Maar hy het blykbaar alle belangstelling in haar verloor. Na die eerste drie maande van hulle verhouding, waarin hulle volgens hom elke oomblik bymekaar was, stel hy glad nie meer belang in seks of liefkosing nie. Hy voel vasgedruk en noem telkens aan haar die moontlikheid of hulle nie tydelik uitmekaar moet gaan nie (hy voer dit egter nooit verder nie).

    Marie, daarenteen, word toenemend obsessief oor Paul en sy seksuele afsydigheid. Volgens haar eer ’n man ’n vrou as hy met haar seks het, en Paul se ontering van haar is vir haar uiters pynlik. Sy soek verligting in seks met vreemdelinge, van verbygaande aard en dus losgemaak van enige emosionele verbintenis, en neem so as ‘t ware die posisie in wat tradisioneel aan mans toegeskryf word (seks losgemaak van die persoon en net ter wille van die daad self).

    Een van hierdie toevallige verhoudings duur egter langer: dié met Robert, ’n onderwyser by dieselfde skool waar sy skoolhou, en, soos hy in ’n radioprogram oor homself beskryf word, ’n hedendaagse Casanova wat al meer as 10 000 vroue op sy kerfstok het (hy hou noukeurig boek van elke ontmoeting). Robert lyf Marie letterlik in die wêreld van sado-masochistiese seks in terwyl Paul dink dat sy steeds getrou is aan hom.

    Dan word Marie swanger nadat sy een aand terugkom van Robert en Paul halfhartig seks het met haar. Hy vra haar of sy wil hê dat hy met haar moet trou en sy sê ja. Nou bestee hy weer aandag aan haar; hulle gaan elke aand saam uit na ’n klub of kroeg. Daar dans hy met ander vroue terwyl Marie toekyk, maar verseker haar telkens dat hy net met hulle dans, hy was nog nooit ontrou aan haar nie.

    Die film bou op tot ’n verrassende, eintlik skokkende (maar ek moet erken, vir my baie bevredigende) einde, met Marie wat op ’n bisarre manier vir haarself ’n man in die plek van Paul skep om lief te hê.

    Volgens die publisiteitsmateriaal het die tydskrif GQ Romance beskryf as “controversial and extraordinary … modern love, sex, sex, and well, more sex” en die film het blykbaar ’n hele debat aan die gang gesit oor die definisie van pornografie versus kuns -- dis in Australië verbied nog voor dit daar uitgereik is. Die film bevat wel heelwat seks en eksplisiete naaktheid, maar dis nie net seks ter wille van seks (soos pornografie) nie. Dit het ’n sterk storielyn en ’n diep, filosofiese onderbou wat jou nog lank daaroor laat nadink. Dit word aanbeveel vir kykers wat bereid is om hulle grense te versit in wat visueel vir hulle toelaatbaar of skokkend is.

  • Suzette Kotzé is ’n vryskut-skrywer en uitgewer

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.