FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Punks (2000)

Coenraad Walters

Met: Seth Gilliam (Marcus); Dwight Ewell (Hill); Rockmond Dunbar (Darby); Jazzmun (Chris); Renoly Santiago (Dante); Loretta Devine (Gesondheidsraadgeefster); Vanessa Williams (Jennifer); Rudolf Martin (Gilbert)
Draaiboek en regie: Patrik-Ian Polk

Om ’n hele handvol redes herinner hierdie fliek aan ’n ander fliek van die Gay en Lesbiese filmfees, The broken hearts club: albei handel om ’n groep gay vriende in Los Angeles; albei hoofkarakters is jong fotograwe wat hulself verweer teen die aanslae van die liefde. En tog is daar deurslaggewende verskille.

Die titel Punks beklemtoon die eerste verskil: dit gaan hier omtrent ’n minderheid binne ’n minderheid, naamlik swart gay mans. En een van die groep vriende is lid van ’n derdevlakminderheid: die swart “drag queen”-kultuur. (Hierdie karakter, Chris, veroorsaak natuurlik dat kykers vergas word met die skouspelagtigste kostuums sedert die woestynkoningin Priscilla haar passies oor ons skerms gemaak het!) Hoewel die kwessie van swart wees in die prent ter sprake kom, word dit nie werklik diepgaande belig nie: die verhaal is — soos The broken hearts club — verstrooiingsvermaak: om te veel daarvan te vertel, is sinloos. Dis genoeg om te sê dat die ontwikkeling van verhoudings, verraad en vriendskap die ruggraat van die vertelling vorm. Maar dan met heelwat meer hart en siel as die bleeksielprent vroeër genoem!

’n Mens begin wonder waarom The broken hearts in Suid-Afrika versprei gaan word en Punks (voorlopig) nie. Maar dis dalk beter om verspreiders se beweegredes nie te ernstig te bevraagteken nie, en dankbaar te wees dat Out in Africa prente soos hierdie hier kan kom vertoon.

Punks is blykbaar op ’n baie klein begroting gemaak, en tog word al die basiese bestanddele so gladgelek saamgevoeg dat dit nie na afskeepwerk lyk nie. Soos reeds gesuggereer, is dit nie diepsinnige filmkuns nie, maar beslis goeie vermaak.

  • Lesers wat meer wil weet omtrent die Gay en Lesbiese Filmfees, veral oor hoe om die voortbestaan daarvan te verseker, kan gerus die organiseerders Out in Africa se webblad (www.oia.co.za) besoek.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.