FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

In the mood for love

Suzette Kotzé

Spelers: Maggie Cheung, Tony Leung
Regisseur: Wong Kar-wai

Verhale van liefde en verraad is so oud soos die mensdom, en dis ook geen onbekende tema in flieks nie. In the mood for love laat sien ons dié ou-ou kwessie uit ’n Oosterse hoek.

Dis Hongkong, 1962. Chow (Tony Leung) en Li-zhen (Maggie Cheung) en hul onderskeie eggenotes trek op dieselfde dag by ’n losieshuis in waar hulle in kamers regoor mekaar woon. Chow, ’n teksversorger by ’n koerant, se vrou werk skofte en kom dikwels laat huis toe. Li-zhen, die persoonlike assistent van ’n sakeman, se man is meestal weg op sakebesoeke aan Japan. Hy bring vir haar geskenke saam wat nie in Hongkong te kry is nie, en haar baas bestel ook mooigoed uit die moederland, maar twee van elk, want hy het ’n vrou én ’n minnares.

Rondom dié eenvoudige gegewe ontvou ’n bittersoet (meer bitter as soet) liefdesverhaal oor die verloop van vier jaar. Omdat Chow en Li-zhen so dikwels alleen by die huis is, groei ’n vriendskap stadigaan tussen hulle, gebou op hul gemeenskaplike liefde vir lees en Chow se droom om ’n vervolgverhaal vir die koerant te skryf. Mettertyd blyk dit ook wie en wat hul onderskeie eggenotes werklik is, en ’n skokkende verband tussen hulle almal word blootgelê.

Die einde is nie ’n gelukkige een nie, maar die manier waarop Li-zhen se perfek versorgde haarkapsel verander het na ’n sagter en losser styl suggereer dat sy tog in die proses verander en iewers vrede gevind het. Chow se ervaring ten slotte dui moontlik op ’n soortgelyke berusting.

In the mood for love is ’n atmosfeerryke film in die klassieke styl. Die pas is langsaam en die regisseur gee sy geheime stukkie vir stukkie, amper suining, en altyd beheersd weg. Gevolglik is die impak van die verhaal soos die ontploffing van ’n duikboot — jy sien nie soveel bo die oppervlak gebeur nie, maar die naskok tref jou in al groter wordende kringe.

Vir ’n Westerse oog in die jaar 2001 is die absolute beheersing van die karakters, wat grens aan ’n gestileerdheid, vreemd en anders, sodat ’n mens weer eens besef hoeveel kulture in wese van mekaar verskil te midde van die universaliteit van menslike ervaring. Hoeveel hiervan toe te skryf is aan die uitbeelding van ’n vroeëre tydvak toe ander waardes nog geldend was, is moeilik om te bepaal, maar dis verfrissend om te sien dat die bemoeisieke tannie-tipe (in die vorm van die eienares van die gebou en haar klomp skinderende vriendinne) minstens dieselfde is die wêreld oor!

Visueel is dit ’n pragtige film, met langsame kameraskote wat fokus op treffende teksture, donker, broeiende beligting en die ryk simboliek van kleure. Die kamera liefkoos veral die perfekte profiel en figuur van Maggie Cheung en komplementeer daardeur haar ingehoue spel. Tony Leung staan ook nie terug wat sy rol betref nie, en die twee verdien hul onderskeie toekennings vir beste akteur (Cannes 2000) en beste aktrise (Golden Horse).

Die regisseur wys enersyds hoe jy meer regkry met minder, byvoorbeeld met sy tegniek om Chow en Li-zhen se eggenotes nooit te wys nie — die kyker kry hoogstens glimpse van ’n agterkop of haarkapsel. Aan die ander kant is die film kompleks met sy herhalings en verskillende alternatiewe vir ’n enkele toneel. Die abrupte oorgange werk soms goed, maar is plek-plek ook verwarrend.

Hierdie stemmingsvolle film word aanbeveel vir kykers wat ’n waardering het vir die kompleksiteit van menslike verhoudings en daardie bedrieglike verskynsel wat ons die liefde noem. En wat nie aandring op ’n gelukkige einde nie.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.