FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Monster

Steyn du Toit
movies@mfm.sun.ac.za

Spelers: Charlize Theron – Aileen Wuornos
Christina Ricci – Selby Wall
Bruce Dern – Thomas
Regisseur:
Patty Jenkins

Monster

Aileen Carol Wuornos was ’n snelwegprostituut wat gedurende die tydperk 1989–90 sewe mans koelbloedig vermoor het. Tydens haar verhoor was sy vol skynbare bravade en het beweer dat die dade uit selfverdediging gedoen is. Na bykans tien jaar agter tralies is sy op 9 Oktober 2002 in die Amerikaanse staat Florida tereggestel. Twee jaar later verwerf ’n Suid-Afrikaanse aktrise ’n Oscar vir haar beliggaming van Aileen in Monster.

Met slegs $5 en ’n rewolwer in haar sak sink Aileen (Theron) een aand in ’n (gay-) kroeg in. Die idee is om drank daarmee te koop en, tensy God iets anders in gedagte het, haarself te skiet. Na die val van die eerste bier (ja, val) sien ons die bloedjong gesiggie van Selby Wall (Ricci) op die stoel langs haar – ywerig om Aileen se glas vol te hou. En so blaas die afskopfluitjie vir ’n jaar in beide se lewens, wat later in koerante beskryf sal word onder die opskrif: “America’s First Female Serial Killer!!!” Vanweë Aileen se tekort aan geld, en Selby se naïwiteit, spandeer hulle die nag in Selby se dubbelbed.

Charlize

Ironies genoeg woon Selby by haar oom en tannie juis om haar te probeer speen van haar lesbiese toestand. Dit sluit kerk op Sondae in. Omdat dit juis daardie oggend ’n Sondag is, spreek die twee af om later die aand by die plaaslike rolskaatsbaan te ontmoet. Dit is die begin van ’n prominente dag vir Aileen. Sy moet haarself gaan was in ’n vulstasiebadkamer, haar hare onder ’n lugdroër gaan droogblaas, en haar beste denim en t-hemp aantrek vir die okkasie.

Omdat mens nie jou meisie op ’n date kan neem sonder geld nie, moet Aileen ook nog ’n paar uur se werk insit voor die ontmoeting. Ongelukkig is dit ook die dag wat een van haar kliënte haar ’n kophou toedien, vasbind op sy bakkie se sitplek, en poog om haar op ’n dierlike manier te verkrag. Sy ruk egter los, gryp haar geweer en penetreer op haar beurt weer sy liggaam – met drie koeëls. Wanneer sy dan later, hoppend van adrenalien, in haar slagoffer se kar buite Selby se huis stilhou, begin ons die konneksie tussen haar en die film se titel vermoed.

Die res van die film fokus op die volgende nege maande in Aileen en Selby se lewens: hulle verhouding, hulle keuses en die res van die sewe moorde wat Aileen in hierdie tydperk sou pleeg. Dit is baie maklik om te sien waarom die twee verlief was op mekaar: niemand anders was nie.

Die hoogtepunt van die film is Charlize Theron. Nie die feit dat sy 14 kg vir die rol moes optel nie. Nie die feit dat sy bykans onherkenbaar getransformeer is deur grimering nie. Maar die feit dat sy dit kon regkry om vir 111 min ’n desperate, oorgewig hoer met ’n lelike gesig te word wat enige iets sou doen om aanvaar en liefgekry te word. Haar spel dra 100 persent van wat andersins ’n sensasionele, gemaak vir TV, poging sou gewees het.

Ek vermoed die grootste vraag wat uit hierdie film sal spruit, is waarom Aileen al hierdie moorde gepleeg het. Het daar net iets in haar geknak ná (volgens haar) 250 000 se seksdade vir geld? Was hierdie sewe slagoffers verteenwoordigers van almal wat haar te na gekom het in haar lewe? Of het sy dit bloot uit liefde vir Selby gedoen – sodat daar vir net nog ’n paar dae geld en ’n kar kon wees?

Die ware Aileen Wournos
Aileen Wuornos

Wanneer die swart titelskerm dan rol, en ons opstaan om te loop, doen ons dit met ’n vreemde gevoel. Nie omdat die film ons forseer om ’n opinie te vorm nie, maar omdat ons die geleentheid gegun is om die menslike kant van Aileen Carol Wuornos se verhaal te ervaar.

LitNet: 1 Maart 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.