FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Luther

Suzette Myburgh

Spelers: Joseph Fiennes, Alfred Molina, Peter Ustinov, Bruno Ganz, Claire Cox, Jonathan Firth
Regisseur: Eric Till
Vertoontyd: Vanaf 8 Oktober

As 'n jong kollega by die persvoorskou dink 'n fliek met die naam Luther gaan oor Martin Luther King en die ouer lede weet nie wie is Lex Luther nie, is dit seker hoog tyd vir 'n fliek oor die oorspronklike Luther!

Aangesien die 1500's darem nie gister is nie, bied hierdie goed-gemaakte fliek 'n wonderlike manier om meer te wete te kom oor een van die groot figure in die Westerse geskiedenis. En teen die verwagting in van 'n swaar, neerdrukkende film (Luther het immers groot klem gelê op alle mense se sondigheid en behoefte aan redding), is dit 'n aangename en verrykende kykervaring.

Luther (gespeel deur Joseph Fiennes), wie se pa 'n myner was wat baie opgeoffer het sodat sy seun 'n hoër opvoeding kon ontvang, het in sy vroeë twintigerjare sy regstudies opgesê en by 'n Katolieke klooster aangesluit, waar hy later 'n priester geword het. Sy geestelike mentor, vader Johann von Staupitz (Bruno Ganz), vra hom om verder te studeer in die teologie, en nadat hy sy doktorsgraad behaal het, begin hy klasgee aan die Universiteit van Wittenberg.

In 1510 word die 27-jarige Luther saam met 'n afvaardiging Duitse Katolieke na Rome gestuur vir "breër blootstelling". Die naakte korrupsie in die Kerk, veral die praktyk van aflaatbriewe wat lidmate kan koop om hul eie, en selfs hul gestorwe familielede, se jare in die vagevuur te verkort, laat 'n diepe ontnugtering by hom posvat. Dit lei tot die formulering van sy beroemde 95 stellings wat hy in 1517 volgens oorlewering teen Wittenberg se kerkdeur vasgespyker het. Dit word beskou as die begin van die Protestantse Reformasie, wat 'n verreikende invloed sou hê op die godsdienstige, politieke en sosiale wêreld van Luther se tyd én verder in die Westerse geskiedenis.

Met 'n veelvlakkige en ryke onderwerp soos die lewe en werk van Martin Luther (1483-1546) kan die regisseur uiteraard net 'n fraksie van die beskikbare "storie" weergee in die twee uur tot sy beskikking. Regisseur Eric Till het wyslik gekies om te fokus op die tydperk 1507 tot 1530, dus van Luther se eerste optrede as priester tot die Protestante se suksesvolle voordrag van hul geloofstellings aan die Duitse keiser by Augsburg, wat effektief die begin was van die skeiding tussen kerk en staat. Tog ervaar 'n mens dat daar groot spronge in tyd gemaak word wat ongemaklike leemtes laat ten opsigte van die geskiedkundige feite - kon dit nie maar ingevul word met enkele beskrywings nie? Byvoorbeeld: die verband tussen Luther en die Kleinboere-opstand (1524-1526), waarin blykbaar vyftig- tot honderdduisend kleinboere gesterf het, word visueel sterk maar feitelik só gebrekkig aangebied dat 'n mens heeltemal in die duister is. 'n Mens kan egter interessante parallelle sien met die latere Franse Revolusie en nog later die Russiese Revolusie.

Dié besware ten spyt is dit 'n indrukwekkende film oor 'n indrukwekkende man. Veral die visuele inkleding (vergelyk byvoorbeeld die oordadige, kleurryke gewade van die Roomse kerkleiers en koninklikes met die kleinboere se vuilbruin vodde) is puik.

Joseph Fiennes lewer 'n dapper vertolking wat die uiterstes van 'n briljante, welsprekende teoloog moet versoen met 'n baie menslike, soms twyfelende gelowige, maar dis die spel van die veterane sir Peter Ustinov as prins Frederik die Wyse ('n paslike benaming!), en Alfred Molina in die klein rol van John Tetzel as die pous se groot geldmaker, wat veral beïndruk.



LitNet: 29 September 2004

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.