FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

The Last Samurai

Suzette Myburgh
verbatim@intekom.co.za

Spelers: Tom Cruise, Ken Watanabe, Togo Igawa, Masato Harada, Jo Jo Spangler, Billy Connolly, William Atherton, Timothy Spall, Jo Jo Spangler
Regisseur: Edward Zwick
Vertoontyd: Vanaf 16 Januarie

Dis ’n motto vir skinderaars, skrywers en rolprentmakers: moenie dat enigiets in die pad van ’n goeie storie staan nie. En hoewel die gegewe fiktief is, bied The Last Samurai beslis ’n goeie storie. Daarby maak hierdie epiese verhaal, wat binne die historiese konteks van die Meiji Herstelling in Japan afspeel, die regte politiek korrekte geluide vir moderne gehore oor Amerika se imperiale neigings (lees: die manier waarop hulle die inheemse Indiaanse stamme behandel het).

Dis 1876 en kaptein Nathan Algren (Tom Cruise) is ’n oorlogsveteraan wat by ’n rondreisende uitstalling van die Amerikaanse weermag optree. Met sy vertellings van blanke heldemoed voor die koppesnellende barbare moet hy geloofwaardigheid verleen aan die regering se uitbeeldings van die Indiane-oorloë. Dan word Algren, wat hard probeer om die vele gruwele wat hy al as soldaat gesien het in die whiskybottel te verdrink, opgekommandeer vir ’n nuwe missie. Die nuwe Japannese regering, onder leiding van die jong keiser Meiji, is besig met ’n omvattende moderniseringsprogram. Buitelandse konsultante word in groot getalle gewerf om feodale Japan te help hervorm tot ’n moderne staat wat op gelyke voet met ander state handelsverdrae kan sluit. Diensplig is nuut ingestel en dis Algren se opdrag om die klomp eenvoudige kleinboere in soldate te omskep. En hy moet vinnig speel, want ’n groep samurai is besig om die ou orde met alle mag te verdedig.

Dié klompie bittereinders uit die eeue oue soldateklas van Japan staan onder leiding van die legendariese Katsumoto (Ken Watanabe), en toe daar berig kom dat hulle Imperiale vestings bedreig, moet Algren inderhaas sy rou troepe, wat nog nie eens hul moderne gewere vinnig kan laai nie, wat nog te sê behoorlik kan skiet, na die slagveld lei. ’n Slagting volg, en die swaar gewonde Algren word deur die samurai gevange geneem. Katsumoto se volgelinge wil hom doodmaak, maar die leier keer: hy wil die vyand se gevegsgeheime uit Algren kry.

In Katsumoto se tuisdorp word Algren onder die sorg geplaas van Katsumoto se suster Taka, die weduwee van die samurai wat hy in die pas afgelope geveg gedood het. As gehate vreemdeling word Algren skaars gedoog, terwyl alles van die Japannese lewenswyse vir hom vreemd is. Katsumoto is egter vasberade om die Westerse gevegsgeheime by hom uit te vind, en hul onwillige gesprekke groei geleidelik tot ’n posisie van begrip - tot ’n Imperiale ninja-aanval op die samurai Algren voor die keuse stel aan watter kant hy hom gaan skaar.

The Last Samurai verdien ’n stewige plek in die kategorie van epiese historiese flieks soos Gladiator, Braveheart, Master and Commander, Dances with Wolves en The Patriot. Hoewel die samurai-kultuur met sy ysere beginsels van plig, diensbaarheid en eer - wat as superieur gestel word teenoor die “eerlose” Westerse kultuur - taamlik verheerlikend uitgebeeld word, bied dit ’n treffende blik in ’n ou, verbygegane wêreld. Dié wêreld, waarin sleutelaspekte van die menslike bestaan soos oorlog, gemeenskap, heerskappy en spiritualiteit nog soomloos geïntegreer was, word noodwendig vernietig in die bloedige siklus van verandering wat kenmerkend is van die menslike bestaan - selde sien ’n mens dit so kragtig uitgebeeld as in die samurai se laaste, doodsveragtende geveg.

Dis duidelik dat Tom Cruise - wat medevervaardiger is en blykbaar twee jaar lank voorberei het vir sy veeleisende rol - hom hart en siel in die projek gewerp het. En dit werk - vir hierdie tipe toeganklike fliek vir massagehore is hy die herkenbare en betroubare Amerikaanse held, sonder om te veel in clichés te verval. Ken Watanabe se samurai-leier het al die nodige gravitas, en saam sorg hy en Cruise vir ’n onthoubare fliek.

Die gevegstonele is - soos te verwagte - skouspelagtig, maar nogal erg bloedig - sensitiewe siele moet maar plek-plek oë toehou. Nietemin is The Last Samurai ’n goeie manier om die fliekjaar af te skop.

15 Januarie 2004

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.