FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Love Actually

Suzette Kotzé
verbatim@intekom.co.za

Spelers: Hugh Grant, Colin Firth, Emma Thompson, Liam Neeson, Alan Rickman, Rowan Atkinson, Billy Bob Thornton, Bill Nighy, Lucia Moniz, Thomas Sangster, Martine McCutcheon, Joanna Page, Laura Linney.
Regie en draaiboek: Richard Curtis.


Ho-ho-ho! Dis weer tyd vir sleeklokkies, nagemaakte sneeuvlokkies en die Krismisfliek van die jaar. Laat ek dit sommer dadelik en met verligting sê: vanjaar s’n is kykbaar, sommer baie kykbaar.

Dis die nou al oorbekende tema (maar dis immers ’n tyd van clichés) van verskillende mense in ’n groot stad (Londen) wie se paaie raak of kruis. Saam vorm hul verskillende storielyne ’n mosaïek van die liefde: daar is die jong liefde van ’n pasgetroude paartjie, die onsterflike liefde van ’n wewenaar, die verlore liefde van ’n sekretaresse vir haar baas, die opofferende liefde van ’n suster, die vriendskaplike liefde van ’n ou rockster en sy bestuurder van baie jare. Daar is eerste liefde en teleurgestelde liefde, desperate liefde en onbeplande liefde, selfliefde en nuwe liefde.

Behalwe die romanse is daar lekker baie komedie. Regisseur Richard Curtis het van die groot name in die Britse en Amerikaanse fliekbedryf bymekaar gegooi, met heerlike resultate. Die snaaksste van hierdie karakters is Hugh Grant as die nuwe Britse eerste minister, in die tipe vertolking wat al sy handelsmerk geword het, en Billy Bob Thornton as die Amerikaanse president! Colin Firth doen sy gewone gepynigde-minnaar-ding, Emma Thompson oortuig as ’n voorstedelike ma en huisvrou, Liam Neeson is die wewenaar in rou, en Alan Rickman wys daar’s lewe ná Harry Potter. Hou ook die oë oop vir die kameevertolkings van Rowan Atkinson as ’n verkoopsman en Claudia Schiffer as ’n enkelma. Een van die heel prettigste karakters is Bill Nighy as Billy Mack, die rockster wat sy verlore roem probeer herwin deur een van sy ou treffers as ’n Kersliedjie op te dis.

Love Actually sal ’n wye gehoor tref, omdat dit ook ’n sosiale komedie is: Kersfees, daardie uiters ambivalente Westerse verskynsel, kom behoorlik onder skoot. Die baba Jesus in die laerskool se Kersspel is ’n skreeupers Barnie-pop, daar is krewe en seekatte in die rolverdeling, daar is ’n kunsgalery vol uitdagende naakbeelde wat Kershoedjies dra, daar is die rockorkes van pruilende meisies in kort rooi rokkies wat Billy Mack se (horribale) Kersfeeslied begelei, daar is Londen se pragtige Kersversierings en die frenetiese aftel van die dae tot Kersfees, die gehate kantoor-Kersparty en die gevreesde Kersinkope.

En amper soos ’n deus ex machina word die gees van Kersfees telkens bygeroep: liefde wat vroeër verswyg is, word bely in ’n gety van eerlikheid en “omdat dit Kersfees is”. Nogal vreemd, maar dit maak seker sin as ’n soort Goddelike ingreep in ’n andersins hoofsaaklik kommersiële aangeleentheid.

Dis my vermoede dat kinders dikwels in flieks misbruik word vir die dierbaarheidsfaktor, en die oulike kind hier (Thomas Sangster) grens aan die Amerikaans suikerige. Afgesien daarvan is Love Actually ’n groot plesierigheid, hoewel ’n bietjie uitgerek met al die verskillende storielyne wat ten slotte afgesluit moet word. Maar wat, sien dit maar as die een Krismiskopie waar jy behoorlik waarde vir jou geld kry.


21 November 2003

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.