FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Kill Bill - Vol. 1

Steyn du Toit
movies@mfm.sun.ac.za

Spelers: Uma Thurman – The Bride (Black Mamba)
Lucy Lui – O-Ren Ishii (Cottonmouth)
Vivica A Fox – Vernita Green (Copperhead)
Daryl Hannah – Elle Driver (California Mountain Snake)
Michael Madson - Budd (Sidewinder)
David Carradine – Bill
Regisseur:
Quentin Tarantino

Kill Bill
Sonder waarskuwing begin die film. Vanuit ‘n swart skerm pols daar ‘n pynvolle, rukkende asemhaling. ‘n Sin syfer deur die duisternis: “Revenge is a dish best served cold.” Volgens die onderskrif is dit ‘n “Old Klingon Proverb”. Die hortende asemhaling duur genadeloos voort, met ‘n rasperstem wat skielik daardeur sny: “Do you find me sadistic?” En daarmee voel ek die hoendervleis oor my vel kruip.

Quentin Tarantino het die wêreld in 1994 oornag gyselaar geneem met Pulp Fiction – ‘n oombliklike classic wat alle films daarna in dié misdaadgenre radikaal beïnvloed het. Daarmee het QT reggekry wat slegs ‘n handjievol regisseurs nog kon: om nie net hul films nie, maar ook hulself huishoudelike name te maak. Vandag weet almal wie onder andere Spielberg, Scorsese en ook QT is. Wat selfs meer indrukwekkend is, is dat Kill Bill slegs sy vierde film is – met geen indikasie dat hy besig is om af te skaal in sy loutere genie nie!

Die verhaal van Kill Bill Vol. 1 loop so: Op haar troudag word die swanger “The Bride” (Thurman) deur die Deadly Viper Assassination Squad (DIVAS), onder leiding van Bill, koelbloedig geskiet – tesame met al die gaste by die troue. Sy sterf egter nie en sweef vir die volgende vier jaar katatonies rond, onbewus van haar omgewing. Hoe sy uiteindelik wakker word en uit die hospitaal ontsnap, is so buitensporig genotvol dat dit net eerstehands beleef kan word. En dis waar haar missie vir die res van die film, asook laasgenoemde se titel, saamsmelt: “Kill Bill”.

Om by Bill (Carradine) uit te kom moet sy egter eers afreken met al die lede van die DIVAS. Nommer een op die lys is O-Ren Ishii (Lui), nou die leier van die Japannese Mafia – op haar beurt weer omring deur Go Go Yubari en die Crazy 88 Fighters. Yubari is ‘n oulike skoolmeisie met ‘n ysterbal aan ‘n ketting, terwyl die Crazy 88 Fighters (jy’t reg geraai) 88 gemaskerde, swaardswaaiende ninjas is! Vir “The Bride” is laasgenoemde vanselfsprekend geen kompetisie nie. Met ‘n swaard gemaak deur Hattori Hanzo, ‘n sweetpak identies aan Bruce Lee s’n in Death of the Dragon, en wraak as dryfveer, is sy ‘n onstuitbare strafmasjien!

Met O-Ren Ishii leweloos in Tokio, op ‘n manier wat nostalgiese herinneringe aan Ray Liotta se karakter in Hannibal oproep, slyp ons heldin haar lemme vir haar tweede slagoffer: Vernita Green (Fox). Dié het sedertien ma geword en getrou, en bly nou in ‘n huis kenmerkend van ‘n Tim Burton- (Edward Scissorhand-) film. Wat daar volg, is ‘n ongeëwenaarde teefgeveg wat messe, sitkamermeubels, koffie (met suiker en melk) en selfs ‘n boks Fruitloops insluit!

Om hierdie, of enige van QT se ander films, te probeer resenseer is sinneloos, bloot omdat daar niks dieper is om te resenseer nie. Dis moeilik om te glo, maar die enigste motief agter sy films is ‘n demonstrasie van sy bekwaamheid as regisseur. En hoe! Soos die bekende Amerikaanse rolprentresensent, Roger Ebert, in sy resensie kwytraak: “Kill Bill: Volume 1 shows Quentin Tarantino so effortlessly and brilliantly in command of his technique that he reminds me of a virtuoso violinist racing through ‘Flight of the Bumble Bee’.

Kill Bill Vol. 1 is heel waarskynlik die gewelddadigste film wat ek nog gesien het. Koppe en ander ledemate, gevolg deur fonteine bloed, rol (of waai) gereeld te midde van pornodialoog en ‘n polsende klankbaan. Daar is skouspelagtige swaardgevegte met retro kleure as agtergrond, ‘n Pink P*s*y Wagon, en karakters soos Buck (“I’m here to f**k”) en Hattori Hanzo.

Die regisseur is werklik terug in al sy huldeblykende glorie! Met die uitsondering van Kill Bill Vol. 2 is dit bittermoeilik om te dink dat die silwerdoek ‘n cooler film gaan laat uitspat hierdie jaar.

En dit, liewe maats, is waar ons vir eers “The Bride” en haar kruistog moet agterlaat. In Kill Bill Vol. 2 (wat in Junie uitgereik word) keer sy terug, en kan ons uitsien na die afgryslike ondergange van die res van die DIVAS – Elle Driver (Hannah), Budd (Madsen), en natuurlik die man van die uur: Bill.

Steyn du Toit is MFM 92.6 se kuns en kultuur redakteur. Hy is die ontbytprogram omroeper elke oggend tussen 6am en 9am, asook die aanbieder van die plaaslike kuns en kultuurprogram The Green Room op Maandae aande tussen 7pm en 9pm

10 Februarie 2004

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.