FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

The Iron Ladies (2000)

Coenraad Walters

Met: Jesdaporn Pholdee (Chai); Sahaphap Tor (Mon); Ekachai Buranapanit (Wit); Giorgio Maiocchi (Nong); Chaicharn Nimpulsawasdi (Jung); Kokkorn Benjathikoon (Pia); Shiriohana Hongsopon (Coach Bee).
Regie: Youngyooth Thongkonthun.


Soms wonder ’n mens oor hoe akkuraat jy ’n rolprent uit ’n “ander” (lees: nie-Engelstalige) kultuur beoordeel. Flieks in Europese tale is een ding, maar prente in Oosterse tale slaan Westerse kykers dikwels dronk. Veral as dit bekend is dat die spelers deur die bank nie professionele akteurs is nie. Tog is rolprente uit China soos Not one less en The way home weens die boeiende verhale meesleurend, selfs al kan jy nie werklik die spel beoordeel nie.

Met die Thaise fliek The iron ladies staan sake effens anders. Hier word ’n reeks stereotipes uit die gay wêreld lewensgroot en feitlik kritiekloos op gehore losgelaat, en die oordrewenheid van die “camp”-figurante (’n mens wil amper nie van karakters praat nie) is meestal steurend.

Bowendien het ons hier te doen met die argetipiese sportfliek: die mees onwaarskynlike bondel verloorders span saam en behaal skouspelagtige sukses nadat hulle die een struikelblok na die ander oorkom het. Lessie: Wie nie waag nie, en nie terselfdertyd trou aan hulself bly nie, sal nie wen nie.

Hierdie spesifieke geval vertel van ’n Thaise vlugbalspan wat skielik lede nodig kry nadat ’n lesbiese afrigter oorneem en ’n gay speler kies. Slegs een van die ou garde bly oor, en hy vind dit maar bra moeilik om saam te werk met die “vanilla gay”, die fopdosser, die transseksuele kabaretarties, die verloofde-wat-eintlik-in-die-kas-is en die soldaat wat meer “camp” is as ’n basis vol pienk tente (nie my vergelyking nie …). Bowendien is die afrigter se assistente (en reserwes) ’n gay drieling.

Hulle oorkom onverdraagsaamheid van familie, sportbeamptes en mekaar, asook moordende kompetisie en allerlei onverwagthede. Die afloop van die verhaal wil onoortuigend voorkom — nóg ’n genre-kenmerk.

Maar deurentyd weet die kyker dat hierdie ’n uitbeelding van ’n werklike gebeurtenis is! Tydens die slottitels sien jy beeldmateriaal van die ware Iron Ladies en jy besef hoe goed die akteurs gekies is en dat die aanbieding ook nie só vergesog is nie.

Bepaald een van die vreemder flieks om hier te draai: ’n komiese dokudrama wat lyk na ’n swak stuk Hollywood-spookasemvermaak.

As jy bereid is om alles wat steur, mis te kyk, is dit egter nogal pret. Moet egter net nie hoge kuns verwag nie.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.