|
IrisAndré CrousJudi Dench en Kate Winslet vertolk dieselfde rol: Iris Murdoch. Albei is vir n Oscar genomineer hierdie jaar, en Jim Broadbent het die Oscar gewen vir sy rol as Dench se man. Die fliek is vol talent, maar dit voel nie asof daar enige vleis aan die storie is nie. Iris Murdoch is n filosoof op Oxford, en aan die begin van die fliek (die begin van die einde van die storie) is daar baie slim en intelligente dog verstaanbare! kommentaar wat sy lewer op alledaagse dinge. Die idee wat sy byvoorbeeld kry wanneer sy van wholegrain mustard hoor en begin wonder oor die betekenis van whole en dat n gedeelte van n geheel ook n geheel in sigself sal wees. Soos n halwe woord. Maar dan beweeg die storie na die tragiese donkerte van Alzheimer-siekte, met oomblikke van helderheid, wat later ook verdwyn. Die storie is n vergelyking tussen toe en nou, en al die dele word slim verbind. Dis nie sommer net n 15-minute-dit, 15-minute-dat nie: die dele word alles inmekaar geweef, soms sonder enige dialoog. Die punt wat gemaak wil word, dink ek, is dat denke alles saam is en dat die lewe nie in afgeperkte segmente verbygaan nie. Die fliek bestaan uit twee dele: Die een is ongeveer vyftig jaar gelede: die gelukkige tyd. En die ander is nou: die ongelukkige tyd. Deur hierdie twee dele teen mekaar af te speel op n manier wat nie opmerklik is nie, is braaf en die fliek kry dit werklik goed reg. I guess theres no accounting for taste, sê John Nash se vriend vir hom in A beautiful mind. Beautiful het ons gewys wat binne-in die denke van n genie aangaan, en ons het hom verstaan. Die probleem met Iris is dat niemand Alzheimer-siekte verstaan nie, en ek het gesukkel om die hoofkarakter te begryp. Die tragiese drama wat veral onderstreep word deur die vergelyking met die tonele van vyftig jaar vantevore, word baie goed gedoen, maar meegevoel beteken nie begrip nie. Met die Oscars is die grap gemaak dat selfs Ingmar Bergman daardie groot Sweedse regisseur wat temas soos die dood in diepte in sy flieks behandel het (n goeie plek om te begin is The seventh seal) gedink het die fliek is depressing. Die tonele uit Iris se vroeë lewe is interessant en beeld n liberale, intelligente, heel likeable jong dame uit. Haar soms onverstaanbare aksies word egter nie verduidelik nie, en wat sy in haar toekomstige man sien, sal ek graag wil weet. Hy is nie soos al haar ander vriende nie? Jippie. Teen die einde van die fliek verval die huis omdat haar man nog nooit regtig self baie gedoen het nie, en nie weet hoe nie. Hy het altyd op Iris vertrou. Die gevolg is absolute chaos. Hy is n liewe, oupa-agtige karakter, maar wat gaan hier aan? Wat het sy in die eerste plek in hom gesien? Dis natuurlik goed en wel om n storie te vertel waarin die man ten spyte van al sy foute steeds deur n veel slimmer, veel mooier vrou liefgehê kan word. Dis n ou storie waaraan ons almal wil glo. Dit gee ons hoop. Maar ek soek n beter verklaring as bloot sommer. Hierdie storie bied ons egter, ironies genoeg, net die uiterlike aan en ons kom nie binne-in Iris se kop nie. OK, goed, so dit beteken dat die fliek wil hê ons moet saam met haar man staan en na die situasie kyk. Hy is uiteraard in dieselfde posisie as ons en verstaan nie waarom sy vrou só optree nie. Met ander woorde, ons moet empatiseer met hom. Hierdie empatie sal afhang van wat ons van hom weet, en die fliek laat ons nie toe om hom te leer ken nie, want die fokus is Iris. Hierdie is nóg n probleemarea. Broadbent se karakter word nie behoorlik geskets nie. Wat gebeur teen die einde van die film? Is hy n alkoholis? Kry hy ook Alzheimer-siekte? Hy is nie dom nie, hy quote steeds dele uit Tolstoi en ander skrywers. So wat dan? Iris is die sentrale figuur, maar teen die einde van die storie weet ons bittermin oor haar idees en haar boeke en veral haar optrede tydens haar universiteitsjare. Ons kry n idee van haar intellek, maar ons kry dit al binne die eerste vyf minute van die fliek. Die groot lyn wat deur die fliek loop, is dié van woorde, en dat die einde van taal die einde van bestaan is. Judi Dench, Kate Winslet en Jim Broadbent is almal wonderlik in hul rolle. Die draaiboek is op n lekker manier aanmekaargesit, en dit werk, behalwe vir een spesifieke toneel waar dit amper lyk asof Broadbent ook mal raak, en wat emosie moes wees, lyk meer soos aansit. Maar as jy net vergeet hiervan, en fokus op Iris en die verskriklike genadelose siekte van Alzheimer-siekte, is die film die moeite werd. |
||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |