FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Intermission (2003)

Coenraad Walters

Met: Colin Farrell, Cillian Murphy, Shirley Henderson, Tom Farrelly, Kelly Macdonald, Colm Meany, Brian F O’Byrne, David Wilmot, Deirdre O’Kane, Michael McElhatton en andere
Draaiboek: Mark O’Rowe
Regie: John Crowley

’n Vraag vir filmfundi’s wat van hul geskiedenis hou: Was Robert Altman se Short cuts (1993) werklik die eerste fliek van sy soort, of maar net die eerste van dié soort wat ek te sien gekry het? Die soort is natuurlik ’n rolprent wat ’n groot aantal karakters se verhale uitbeeld, met sterker of swakker skakels tussen die karakters en hul lotgevalle.

Intermission (die lewe gebeur naamlik terwyl jy met iets anders besig is) is so ’n vlegsel verhale wat in ’n Ierse stad afspeel. John (Murphy) maak uit met Deirdre (Macdonald) en is dan gruwelik jaloers as sy vinnig ’n nuwe kêrel kry wat sommer by haar intrek. Dié kêrel, Sam, ’n getroude bankbestuurder (McElhatton), verlaat sy vrou Noeleen (O’Kane) vir Deirdre. Deirdre se suster Sally (Henderson) en hulle ma sien hoe ’n busongeluk gebeur en staan die passasiers by. Sally herstel na ’n liefdesteleurstelling. Die busongeluk is veroorsaak deur ’n klipgooiende kwajong. As gevolg hiervan verloor die busbestuurder Mick (O’Byrne) sy werk.

Mick, John en die kleindief Lehiff (Farrell) besluit om Sam af te dreig deur Deirdre as gyselaar aan te hou. Die plan misluk, onder meer weens Noeleen se woedende reaksie op die verbrokkeling van hul huwelik. Speurder Jerry Lynch (Meany), wat die onderwerp van ’n dokumentêre rolprent is, speel ook ’n rol in die ontknoping, wat byna tragies verloop. John se vriend en kollega Oscar (Wilmot) beleef interessante tye met Noeleen.

’n Fassinerende tapisserie van boeiende karakters, maar tog styg die geheel nie juis ver uit bo die gemiddelde nie. Een rede hiervoor is dat die aard van die gegewe van koers verander. Aanvanklik is dit ’n ondersoek na die beuselagtighede van die karakters se lewens, met ’n humoristiese en deernisvolle blik bekyk; skielik word sake dramaties en bloedig gewelddadig (die arme skaap!); en ten slotte het ’n mens ’n sielige reeks gelukkige eindes. Darem nie so erg soos in Love, actually nie, maar ek moes daaraan dink! Die slottoneel tydens die finale titels is egter skreeusnaaks en sal vele vroue laat gil van genot.

Short cuts-aanhangers, liefhebbers van alles Iers en bewonderaars van Colin Farrell en Cillian Murphy sal sekerlik die prent geniet. En as jy nie in dié groepe val nie, maar nie weet wat anders om te sien nie, sal jou tyd nie gemors word nie.

Klik hier en help ons om LitNet te verbeter!



LitNet: 07 Mei 2004

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.