FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Harry Potter and the Chamber of Secrets

Coenraad Walters

Met: Daniel Radcliffe; Rupert Grint; Emma Watson; Kenneth Branagh; Maggie Smith; Richard Harris; Allan Rickman; Robbie Coltrane; Tom Felton; Jason Isaacs; Gemma Jones.
Draaiboek: Steven Kloves gebaseer op JK Rowling se roman.
Regie: Chris Columbus.

Al het kollega Suzette reeds die tweede Harry Potter geresenseer, voel ek dit ook nodig om ’n drake-eier in die mandjie te lê. Maar eers moet ek oor Magnolia praat.

Terwyl ek na hierdie lange-lange Short cuts-kloon gekyk het, was ek mateloos geïrriteerd. Agterna, hoe meer ek oor die fliek gedink het en met ander vlooie daaroor gepraat het, hoe beter het die fliek in my gedagtes geword. Ek het nog nie ’n tweede keer daarna gekyk nie (en ek is nog nie oortuig ek moet nie), maar ek het ’n heelwat beter indruk van die fliek as vroeër.

’n Omgekeerde proses het met Harry Potter and the Chamber of Secrets gebeur - min of meer. Ek was van meet af aan betower deur die fliek. Enersyds is ek seker (soos altyd) met min tevrede; andersyds dink ek het ek nou al die nodige aanpassings gemaak en besluite tot vergifnis geneem omdat die verfilming van ’n geliefde boek dikwels tekort skiet. Maar ek is oorrompel deur die visuele, die gedetailleerde visuele aanbod (kyk maar na die portrette teen die mure, as een klein voorbeeldjie) en die bekende verhaal, en het salig gelukkig uit die teater gestap.

Agterna het ek met ander gesels oor die fliek, en onder meer Suzette se resensie gelees, en ja, ek stem saam, al het ek dit nie van meet af raakgesien nie, is daar sekerlik gebreke in die fliek. Radcliffe is bes moontlik nie veel meer as die regte gesiggie vir die rol nie. Die motorvlug, asook die vlieg-en-vlug-toneel tydens die Kwiddiekwedstryd, hou te lank aan. Die finale konfrontasie met die Bose in die vorm van die Basilisk is dalk nie dramaties genoeg nie. Ja en ja en ja. Maar dit doen weinig afbreuk aan my genot!

Tog het ek gewonder oor een aspekkie van die draaiboek. Watter moderne Britse skoolkind sal hom so laat van ’n onderwyser, of van sy ma, en maar net bewend en skroomvallig daar staan? Die arme Ron! Tog ’n ordentlike seun.

Ek moet met Suzette saamstem oor die waarde wat Dobbie toevoeg tot die prent. Rekenaaranimasie is nog selde met soveel kwaliteit toegepas. Ander visuele aspekte, soos die brief wat Ron so ronduit skel, en Lockhart se eie portrette wat hom so vriendelik toelag, laat ook my visuele verbeelding gestalte kry, soos wat in die eerste prent met die sport Kwiddiek gebeur het.

Ook oor Kenneth Branagh stem ons saam. Toe ek vir die eerste maal lees dat Branagh dié rol sou speel, het ek vir dae lank gegiggel. En ek is nie teleurgestel nie. Later het ek gehoor dat Hugh Grant die eerste keuse vir Lockhart was - wat ’n verligting dat hy dit laat verbygaan het! Branagh onderspeel sodat ’n mens die onbeholpe pierewaaier onthou eerder as die akteur se skitterende werk. Jason Isaacs as die bose Lucius Malfoy deursuur die prent ook met die nodige skoot boosheid - ek hoop hy is nog daar om die verfilming van die vierde boek te laat werk!

Maggie Smith kan natuurlik in my oë nie ’n voet verkeerd sit nie, en die betreurde Richard Harris oortuig as die beleërde maar diep-wyse skoolhoof Dompeldorius. Alan Rickman sit sy rol voort as die duistere professor Snerp van wie ’n mens nooit werklik weet aan wie se kant hy is nie. Julie Walters kry ’n effens groter rolletjie as mev Weasley, maar John Cleese kom steeds nie werklik tot sy reg as die spook Niek-amper-sonder-kop nie. Hopelik in die derde fliek met sy doodsdagvieringe&nbps;…

Ten spyte van die kritiek dat daar te veel “set pieces” is, dat die fliek van een aksietoneel na die volgende spring en dat die dialoog grotendeels uit gille bestaan (ek sou ook gil vir daai spinnekoppe …!), het ek in dié fliek meer van ’n skoolgevoel gekry; die gebrek daaraan was een van my groot besware teen Harry Potter I. Die kritiek dat karakterontwikkeling selfs in die 160 minute speeltyd die onderspit moes delf teen aksie, gaan tog wel op. En wanneer Hermien uit die hospitaal terugkeer en sy en Ron mekaar NIE omhels nie, is die toneel lomp. Daar is nou alreeds genoeg gesê teen die applous vir Hagrid as slottoneel. Dié eenheid-en-slotskeppende ingryp op die verhaal sou eerder pas by die verhaal van Harry Potter and the goblet of fire.

Maar en maar en maar! Ek het Harry Potter and the Chamber of Secrets ten spyte van alles baie geniet, en ek sien uit na nommer drie, onder leiding van die man wat Y tu mama tambien gemaak het. Sal hy uit al die verwagtinge ’n ideale Harry Potter-fliek kan vorm?!?

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.