FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

High Fidelity

Suzette Kotzé

Spelers: John Cusack, Iben Hjejle, Joan Cusack, Tim Robbins, Catherine Zeta Jones, Lisa Bonet, Jack Black, Todd Louiso
Regisseurs: Stephen Frears & Seamus McGarvey

Rob Gordon (John Cusack) is die eienaar van ’n platewinkel in ’n gopserige buurt van Chicago. Dis alles behalwe hoofstroom, en dis bedoel om so te wees. Alternatiewe siele en fanatiese plateversamelaars maak die grootste deel van die klante uit, want Rob-hulle hou nie van konvensionele mense met konvensionele musieksmaak nie (Stevie Wonder se “I just called to say I love you” is byvoorbeeld uiters uit). Veral die een winkelklerk (met ’n houding wat sagkens gestel as onbeskof beskryf kan word) is op ’n missie om die hele wêreld tot sy musieksmaak te bekeer. Dit lei tot voortdurende botsings met sy kollega, ’n nerveuse, goedgemanierde jongeling met ’n voorkeur vir die meer klassieke. Om nie te praat van die (soms letterlike) botsings met die klante nie.

Maar dis nie waaroor die storie in die eerste plek gaan nie — dis net die agtergrond waarteen die grootste deel daarvan afspeel. Nee, die storie gaan eintlik daaroor dat Rob se meisie, Laura (Iben Hjejle), hom gelos het. Sy’t uitgetrek en geniet nou vegetariese maaltye saam met ’n vredeliewende guru genaamd Ian (Tim Robbins).

Rob se filosofieë oor die lewe, die liefde en die heelal word telkens opgesom in top-vyf-trefferlyste, en met Laura se vertrek stel hy sy top-vyf-trefferlys op van ergste afsê-meisies — en Laura kry definitief nie ’n plek daarop nie, net om te wys dat dit hom glad nie raak nie.

In ’n poging om uit te vind hoekom hy die een is wat gedurig deur die meisies gelos word, begin Rob sy ou meisies een na die ander opsoek — en hy leer ’n hele paar dingetjies oor homself én die gewese meisies. Soos dat Charlie (perfek vertolk deur Catherine Zeta Jones), die godin, die ideaal, die vrou wat hy nie kon glo sy meisie was nie, toe glad nie is wat hy al die jare nog gedink het nie.

Maar dis sy vriendin Liz (Joan Cusack) wat Rob konfronteer met die belangrikste vraag: waarom wil hy so graag vir Laura terughê? Met behulp van sy top-vyf-trefferlyste loop Rob die tipiese jakkalsdraaie van die dertigplus man vervul met vrees vir die groot C-commitment (om nie te praat van die groot M-marriage nie) om die kwessie. Tot hy uiteindelik by die eerlike antwoord uitkom: die fantasie lyk altyd beter as die werklikheid, but it doesn’t deliver.

Dit alles geskied onder begeleiding van Rob se gunsteling-poptreffers, soms met uitstekende komiese effek (soos die oomblik waarop Queen se “We are the champions” losbars).

High Fidelity, wat gebaseer is op die trefferboek met dieselfde titel deur Nick Hornby, is een van daardie films wat intelligent genoeg is om ’n swaarmoedige saak met ’n ligte aanslag aan te bied. Anders gestel, dit het ’n wonderlike sin vir die ironiese. John Cusack is nommerpas in die rol van die gekwelde, gekwetste minnaar, en Iben Hjejle oortuig volkome as die meisie wat ’n gat so groot soos ’n Concorde-ontploffing in ’n man se hart kan laat.

’n Mens kan met taamlike sekerheid voorspel dat die fliek ’n kultusaanhang gaan kry onder ernstige popmusiekluisteraars, maar dit sal ook heerlike kykvermaak bied vir (veral) dertigplussers wat al so ’n bietjie kan terugkyk op die hobbels en steiltes van die pad van die liefde.

Suzette Kotzé
Vryskut-skrywer, vertaler en uitgewer

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.