|
HeroSuzette MyburghMandaryns met Engelse onderskrifte Hero is nie bloot 'n fliek nie, dis 'n kontemplasie; visuele poësie. 'n Lang resensie is nie werklik nodig nie, hoewel ek bladsye daaroor sou kon skryf. Dit gloeiend aanprys, die simboliek in besonderhede ontleed, diepsinnig daaroor filosofeer. Maar dit sal voel soos wanneer 'n mens, nadat jy 'n dag in 'n minimalistiese interieur deurgebring het, weer in jou eie plek instap: dit lyk oorvol en oordoen. Dus: glo alles wat jy oor hierdie fliek gehoor/gesien/gelees het en gaan kyk dit. Selfs al weet jy niks daarvan nie, gaan kyk dit in elk geval. Die een en twintigste eeu behoort inderdaad aan China.
Wil jy reageer op hierdie resensie? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.
|
|||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |