FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Autumn in New York

Suzette Kotzé

Spelers: Richard Gere, Winona Ryder, Elaine Stritch, Vera Farmiga
Regisseur: Joan Chen
Vertoontyd: Vanaf 29 Desember

Die Kersseisoen lewer gewoonlik sy kwota romantiese dramas op (my gunsteling was 1995 se While You Were Sleeping met die bekoorlike Sandra Bullock) en hierdie jaar s’n is Autumn in New York.

Will (Richard Gere), eienaar van een van die voorste restaurante in die Groot Appel, is 47, gedistingeerd, uiters aantreklik en ’n opperste vrouejagter. Hy ryg hulle maar so een na die ander in sonder enige gevoel vir die string gebroke harte wat hy agterlaat, en hy het ’n ingeoefende toesprakie wat hy elke keer gebruik om sy nuutste meisie na ’n paar maande af te sê. Dan prewel hy so ewe: “Ek’s regtig jammer.”

Een aand by sy restaurant ontmoet hy die pragtige jong Charlotte (Winona Ryder) waar sy haar verjaardagpartytjie saam met vriende en haar formidabele ouma (’n vurige vertolking deur Elaine Stritch) vier. Dit blyk dat Charlotte se ma, nou oorlede, vroeër ook een van sy meisies was. Gou-gou bedink hy ’n plan om Charlotte sover te kry om saam met hom uit te gaan, en sy is meer as gewillig. Maar toe hy die volgende oggend aanhef met sy gebruiklike toesprakie, spring sy hom voor: sy ly aan ’n ongeneeslike hartsiekte en gaan in elk geval binnekort sterf, so hy hoef nie bekommerd te wees oor ’n langtermynverbintenis met haar nie.

Hul verhouding is gelukkig en ongekompliseerd, tot Will weer sy ou streke begin uithaal. En intussen daag nog ’n jong vrou (Vera Farmiga) by sy deur op, met ’n geheim uit die verlede wat hom nie tot eer strek nie.

Autumn in New York is mooi so reg in die Amerikaanse filmtradisie. Winona Ryder is besonders en beeldskoon, en Richard Gere … ag, sedert hy vroulike kykers se harte vinniger laat klop het in Pretty Woman, het hy met die jare soos goeie wyn net verbeter; ons het hier vintage Gere, as ‘t ware.

Die veelgeprese New York is prentjiemooi met Central Park vol bome in geel, oranje en roesrooi, daar’s Kersversierings en sneeu, en trekvoël-Suid-Afrikaners wat heimwee het na dié wêreldstad, kan die fliek gaan kyk net daarvoor.

Ernstige fliekkykers moet miskien liewer tuis bly, maar as jy lus het vir ’n bietjie sentimentaliteit so op die laatte van die jaar, kry die snesies byderhand en sit af teater toe.

  • Suzette Kotzé
    Vryskut-skrywer, vertaler en uitgewer

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.