FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Heaven

Coenraad Walters

Met: Cate Blanchett, Giovanni Ribisi, Mattia Sbragia, Stefano Santospago
Draaiboek: Krzysztof Kieslowski en Krzysztof Piesiewicz
Regie: Tom Tykwer.

Kyk ’n mens na die formidabele span wat Heaven geskep het, begin ’n mens se knieë outomaties buig en begin jy reeds lofredes te formuleer. Regisseur Tom Tykwer het daardie enigmatiese postmodernistiese Duitse skepping Lola rennt (oftewel Run Lola run, vir vlooie wat ly onder die plaaslike verspreiders se vertaalywer) met sy drie variasies van een storie die lig laat sien. Die draaiboek kom onder meer uit die pen van Krzysztof Kieslowski, wat die Drie kleure-trilogie (Blou, Wit en Rooi — my eie vertaalywer!) geskep het. En die uitvoerende vervaardigers sluit Anthony Minghella (The English Patient; The talented Mr Ripley) en Sydney Pollack (Tootsie; Out of Africa; The Firm; Sabrina) in. Genugtig. En dan is Cate Blanchett (Oscar and Lucinda; Elizabeth) ook nog in die rolverdeling.

Natuurlik kan die verwagtinge lelik platval. Maar anders as medefliekvlooie wat in die dagblaaie verslag gedoen het, was ek betower.

Die verhaal is relatief eenvoudig, en laat ’n mens met heelwat vrae. ’n Engelse vrou (Blanchett) se man sterf in Italië aan ’n oordosis dwelms. Sy wil aan die polisie inligting verskaf omtrent die groot dwelmhandelaar, maar hulle ignoreer haar konsekwent. Eindelik besluit sy om ’n dramatiese stelling te maak en plant ’n bom in die man se kantoor. Die resultaat is egter nie wat sy verwag het nie, en sy word in hegtenis geneem as vermeende terroris.

’n Jong lid van die polisiemag raak verlief op haar en help haar ontsnap. Van hier loop die verhaal noodwendig en logies op die onvermydelike slot af.

Hoewel die verhaal vir sommige kykers nie dawerend oorspronklik mag voorkom nie, laai die aanbieding daarvan die gebeure met diepte. Die kamerawerk, inkleding en regie, asook die skitterende spel deur die twee hoofakteurs, laat ’n mens nuut kyk na die gegewe.

Een van die vrae waarmee ’n mens gelaat word, is waarom die titel juis Heaven is. Gegewe Kieslowski se loopbaan mag ’n mens vermoed (en hoop!) dat hierdie die eerste van ’n trilogie is. Maar pas die web van wraak en weerwraak, van korrupsie en geldgierigheid nie eerder onder die titel Hell nie? Of dui die liefde wat tussen Phillipa en Filippo ontstaan, op ’n soort aardse hemel?

Die toneel onder die boom op die bult in die pragtige Toskaanse landskap herinner aan die animasiegedeelte in Hedwig and the Angry Inch, waarin die idee uitgebeeld word dat elke mens die helfte van ’n wese is wat voortdurend na sy/haar ander helfte soek. Boonop bevat Heaven seker die mooiste slottoneel in ’n rolprent sedert The Unbearable Lightness of Being.

Ook die musiek dra by om die besondere atmosfeer van haas ondraaglike spanning te skep. Komposisies van die Estlandse minimalis Arvo Pärt is gebruik, asook twee komposisies van regisseur Tykwer self, wat hy ook self op die klavier uitvoer.

Ja, ja, goed, ek het nog altyd gedink Cate Blanchett is (en lyk!) wonderlik. Enigeen wat hierdie indruk kan volhou met so ’n kapsel (kyk na die tweede helfte van die prent), is werklik besonders! Maar dis sekerlik nie al rede waarom Heaven my betower het nie.

Heaven is een van die hoogtepunte van my fliekjaar en ek beveel dit graag aan vir fliekvlooie wat iets buitengewoons soek.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.