FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Hamlet

Suzette Kotzé

Spelers: Ethan Hawke, Kyle Maclachlan, Sam Shepard, Diane Venora, Julia Stiles, Bill Murray, Karl Geary, Liev Schreiber
Regisseur: Michael Almereyda

Hamlet word saam met Romeo & Juliet gereken as een van Shakespeare se gewildste dramas, soos ook weerspieël in die filmweergawes daarvan in die afgelope tien jaar.

In die 1990-weergawe deur Franco Zeffirelli het veral Mel Gibson beïndruk as die gekwelde prins van Denemarke, en sy samespel met Glenn Close as die ontroue koningin met ’n nogal uitdruklik bloedskandige verhouding met haar seun was onvergeetlik. Helena Bonham Carter moet ’n eteries mooie Ophelia gewees het, maar het geen onthoubare indruk op my gemaak nie.

Kenneth Branagh se 1996-weergawe, waarin hy ook die hoofrol gespeel het, is hoog aangeslaan as dié onderskeidende Hamlet-rolprent, spesifiek omdat hy die drama volledig verfilm het en nie ’n enkele toneel uitgelaat nie. Die jong Kate Winslet was wonderlik as Ophelia, en Billy Crystal as een van die grafgrawers het ook in die geheue vasgesteek. Branagh het die film gedomineer, en sy uitbeelding van ’n Hamlet wat al meer versteurd voorkom terwyl hy sy wraak beplan, was briljant. Maar daar was tog ’n soort ekkerigheid aan sy kant, en met ’n speeltyd van 242 minute was die film amper onhoudbaar lank.

Terwyl bogenoemde films beide in historiese tydperke afspeel, speel die jaar 2000 se Hamlet (deur regisseur Michael Almereyda, wat ook die draaiboek geskryf het) in die hedendaagse korporatiewe wêreld van New York af. Denemarke is ’n magtige firma, en Fortinbras is nie die regeerder van ’n naburige koninkryk nie, maar die direkteur van die firma wat Denemarke probeer oorneem.

Ethan Hawke, wat hom met films soos Reality Bites, Gattaca, Great Expectations en Snow Falling on Cedars onderskei het as een van die beste jong akteurs van die X-Generasie, is Hamlet. Hy is ’n student aan ’n filmskool en die moderne idioom van videokuns, multimedia en rekenaartegnologie staan voorop in sy vertolking — die opvoering waarin die moord op Hamlet se pa uitgebeeld word, is byvoorbeeld ’n kortfilm vervaardig deur Hamlet, en die beroemde “To be or not to be”-monoloog vind plaas in ’n videowinkel.

Waar Zeffirelli se Hamlet gefokus het op die verhouding tussen Hamlet en Getrude, en Branagh se weergawe gefokus het op homself as Hamlet, is die fokus in die nuutste Hamlet meer versprei tussen die verskillende karakters: Hamlet en sy pa (Sam Shepard), die vriende Hamlet en Horatio (knap vertolk deur Karl Geary), Claudius (Kyle Maclachlan) en Gertrude (Diane Venora) as ’n “verenigde front”, Polonius (Bill Murray) se verhouding met sy kinders Laertes (Liev Schreiber) en Ophelia (Julia Stiles). Die verhouding tussen Hamlet en Ophelia word sterk belig, en waar Stiles se spel aanvanklik bietjie styf en ongeïnspireerd was, is sy uitstekend in die latere dramatiese tonele. Maar die film word uiteindelik gedryf deur Hawke se sterk en oortuigende spel, wat Hamlet net nog een van sy aansienlike lys suksesse maak.

Persoonlik het ek hierdie Hamlet-weergawe verkies. Die film se agtergrond van die koue, verontmenslikte maar o so stylbewuste New York werk uitstekend, die kinematografie is genadeloos en belig die karakters feitlik op ’n wrede manier, en die visuele inkleding is deurgaans interessant. Die vinnige en boeiende pas is ook ’n pluspunt.

Nou wag ek nog net vir ’n Hamlet-weergawe wat onderskrifte in hedendaagse Engels vir die moeilik verstaanbare Shakespeare-teks verskaf …

Suzette Kotzé
Vryskut-skrywer, vertaler en uitgewer

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.