FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Something’s Gotta Give

Coenraad Walters

Met: Diane Keaton, Jack Nicholson, Keanu Reeves, Frances McDormand, Amanda Peet
Draaiboek en regie: Nancy Meyers.

As iemand my sou vra, sou ek sê die langste rolprentreeks (selfs al is die oorkoepelende titel daarvan totaal versweë) is Being Jack Nicholson. En hier is die nuutste episode. Voriges sluit in Terms of Endearment, A Few Good Men, About Schmidt, As Good as it Gets, en so meer.

Nie dat dit ’n sleg ding is nie: Jack Nicholson is nogal vermaaklik.

So ook Diane Keaton. Ander fliekvlooie sou miskien sê dis die nuutste episode in die reeks Being Diane Keaton, en dan verwys na episodes soos Annie Hall, The First Wives’ Club en Marvin’s room. ’n Geval van smaak!

Wat ons wel hier het, is regisseur Nancy Meyers se eerste fliek sedert What Women Want, waarin Mel Gibson dié groot misterie ondersoek het.

Harry Sanborn (Nicholson) is 63, ongetroud en nog steeds aan ’t draf agter jong bokkies aan. En hulle val nog vir hom. Die jongste een (wel …) is Marin (Peet), wat Harry saamnooi vir ’n naweek in haar ma, die bekroonde dramaturg Erica Barry, se strandhuis. Wanneer hulle twee — gereed vir aksie — daar aanland, is moeder Erica en tante Zoe (McDormand) egter ook daar. Hulle besluit om soos volwassenes saam naweek te hou. Ook maar goed: wanneer Harry ’n hartaanval beleef (nee, dis nie wat jy dink nie!), is Erica ’n handige oppasster.

Natuurlik ontvou die verhaal soos jy dink dit gaan ontvou. Maar daar’s ’n paar struikelblokke (onthou die broodnodige “boy loses girl”-fase!). Een van hulle is Harry se aanvallige dokter, Julian (Reeves), wat dadelik Erica se opwindende kwaliteite raaksien ten spyte van haar jare. ’n Ander is Harry se stipsienigheid — Erica is al jare lank nie meer jonger as dertig nie!

Daar het jy dit — hoe het jy gedink gaan die storie eindig? Durf ek die Stad van Ligte by die naam noem?!

Die knap vertolkings van die twee hoofkarakters en ook die bitter by die soet aan die slot maak van Something’s Gotta Give iets meer as sommer net verstrooiing. Die feit dat daar ’n stewige rol geskep is vir ’n ouer aktrise (dws iemand ouer as 30), maak daarvan iets van ’n wonderwerk. Gaan geniet dit.



LitNet: 17 Maart 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.