FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

No news from God (Sin Noticias de Dios)

Suzette Kotzé

Engels, Spaans en Frans met Engelse byskrifte
Spelers: Penélope Cruz, Victoria Abril, Gael Garcia Bernal, Fanny Ardant, Demian Bichir
Regisseur: Agustin Diaz Yanes
Vertoontyd: Vanaf 23 Augustus

Spaanse films het ’n spesifieke, ruwerige sjarme wat meestal oorskadu word deur die meer elegante Franse of die vurige Italianers. No news from God is ’n effens ongemaklike poging om beide kunsfliek en aksiekomedie te wees, maar genoemde Spaanse sjarme is beslis daar. En as jy die pragtige Penélope Cruz nog net in Hollywood-versuikerde prente soos All the pretty horses en Captain Corelli’s Mandolin gesien het en desnieteenstaande meer van haar verwag het, is dit alleen genoeg rede om dié film te gaan kyk.

Die storie speel af, tong stewig in die kies, in die hemel (’n o so elegante Parys in swart en wit verfilm in die 1950’s), die hel (die ingang is by Checkpoint Charlie) en die aarde (Madrid). Marina D’Angelo (Fanny Ardant), tweede in bevel in die hemelse hiërargie, is ’n bekommerde vrou. Mense het so totaal belangstelling verloor in godsdiens dat daar bitter lank laas ’n siel deur die goue hemelpoorte verwelkom is. In die eeue oue stryd tussen die engele en hulle afvallige broeders en susters in daardie sweterige, warm plek, het die goeie soveel veld verloor dat kapitulasie in die afsienbare toekoms na ’n voldonge feit lyk.

Die ergste van alles is egter dat God spoorloos verdwyn het. Soos die uitvoerende direkteur van ’n groot maatskappy is hy net nooit beskikbaar nie — gerugte lui dat hy depressief is en só moed verloor het met die spul op aarde dat hy besluit het om hom terug te trek en hulle aan hulle lot oor te laat. ’n Uitkoms is dringend nodig, en dit kom danksy die gebed van ’n moeder: haar seun Manny, wat sewe jaar gelede sy tuisdorp verlaat het om ’n professionele bokser te word, is nou so voos geslaan dat een verdere geveg sy lewe kan kos, en sy moeder bekommer haar oor sy onsterflike siel.

Marina moet Lola (Victoria Abril), ’n baie knap maar effens ydel hemelse agent met ambisies om ’n groot nagklubsangeres te word, oorreed om haar voorgenome konserttoer te laat vaar en terug te keer aarde toe as Manny se gewese vrou. Sy moet Manny oorreed om nie verder te boks nie, en sommer ook nog sorg dat hy sy saak met God regmaak.

Hel se bestuurder, Davenport (Gael Garcia Bernal), is egter nie van plan om Manny se siel sonder ’n geveg af te staan nie — hy weet een strategiese oorwinning kan die kosmiese stryd weer in die engele se guns laat swaai. Sy afgevaardigde om Lola se pogings in die wiele te ry, is Carmen (Penélope Cruz), ’n besonder hardgebakte kelnerin in Hel se vuurwarm kantien. Carmen is glad nie ’n vreeslik lojale onderdaan of toegewyde agent van die duiwel nie, maar sy is straatwys en sy sal enigiets doen om haar vooruitsigte in die hel te verbeter. Sy trek dus by Lola en Manny in as sy niggie en begin hom aanmoedig om terug te keer na die kryt.

Die film het ’n langsame pas en die intrige het heelwat krulletjies en draaitjies, waarvan die een oor Carmen se ware identiteit vir my die vermaaklikste was. Heelparty diep dinge word gesę oor godsdiens en die stryd tussen goed en kwaad, en die regisseur lewer fynweg skerp sosiale kommentaar: oor rasse-meerderwaardigheid, manlike identiteit, die korporatiewe węreld en veral oor die lot van vroue (heel tereg ook, komende van ’n Spanjaard). Manny bly van begin tot einde ’n realistiese karakter wat die ingewikkelde stryd om sy siel eintlik nie “werd” is nie, en ook hier vermy die regisseur sentimentaliteit en ’n gepreek.

My beswaar is egter teen die ongemaklike vermenging van genres — dinge beweeg eenvoudig te stadig vir ’n aksiefliek, met die gevolg dat die film tussen twee stoele deurval. As komedie het dit talle prettige momente en subtekste (Davenport is byvoorbeeld ’n diepseun wat uit Richard III aanhaal en ’n groot bewondering koester vir The Cather in the Rye), maar die geheel kort sprankel.

Aan die pluskant is daar die elektriese samespel tussen Victoria Abril en Penélope Cruz. Abril is perfek in haar rol as die goeie engel en Cruz verras met heerlike komiese spel (let byvoorbeeld op haar lyftaal in die kleedkamer-toneel en die “crotch adjustment”). Fanny Ardant is soos gewoonlik wonderlik as die stylvolle Parisienne, en Gael Garcia Bernal, wat onlangs geskitter het in Y tu mama tambien, bevestig sy talent as opkomende akteur.

Nie die beste fliek van die jaar nie, maar tog iets lekkers vir ’n bietjie ontspanning.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.