FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Garden State

Suzette Myburgh

Spelers: Zach Braff, Natalie Portman, Peter Sarsgaard, Ian Holm, Jean Smart en ander
Regie en draaiboek: Zach Braff
Vertoontyd: Vanaf 3 Desember

Hoewel 'n mens lank nog nie van 'n somer wil praat nie, het die alternatiewe Amerikaanse fliekwêreld die afgelope paar jaar al 'n goeie klomp swaeltjies opgelewer. Ook so met die "indie movie" Garden State, wat vanjaar 'n treffer was by die Sundance-filmfees. Zach Braff, wat draaiboekskrywer, regisseur én hoofspeler is, is net 29, en 'n mens hoop daar gaan nog baie swaeltjies uit sy kop vlieg.

Ek het lank laas 'n fliek gesien wat so suksesvol gebou is op die spesifieke voorkoms van die hoofkarakter - Braff se gesig máák hierdie fliek. Hy is die 25-jarige Andrew Largeman, wat vir die eerste keer in nege jaar terugkeer na sy ouerhuis - vir sy ma se begrafnis. Mettertyd ontvou die tragiese klein geskiedenis rondom hom, sy ma en sy psigiaterpa. Maar dis vir Andrew ook 'n tuiskoms - hoewel van erg ambivalente aard - tussen sy skoolpelle en die omgewing van sy grootwordjare.

Die fliek is gelaai met absurde karakters en situasies. Ja, daar word moeite gedoen om snaaks te wees, maar wat maak dit saak as die resultaat in toneel na toneel werklik hardop-lag-snaaks is? Daar is die aakligste sangnommer óóit by 'n begrafnis, Andrew se presentkry-hemp, sy skoolvriend wat 'n fortuin gemaak het uit geluidlose velcro, 'n Middeleeuse ridder in krakende en piepende borswering, en so kan 'n mens aangaan. Hondehaters sal om die beurt ineenkrimp en kraai oor die wolfhondtoneel in die dokter se spreekkamer (hoe hondeliefhebbers daarop reageer, sal seker afhang van hul humorsin).

Soos gebruiklik met 'n huistoekomverhaal, moet die morsighede van die verlede (lees: kinderjare) natuurlik oopgekrap en opgeruim word. En dis ongelukkig hier waar regisseur Braff nie heeltemal kon ontkom aan die hoofstroom Amerikaanse fliekidioom nie. Waar die groot lewenslesse tot die karakters deurdring en die insigte van aanvaarding en vergifnis ter sprake kom, klink dit heel dikwels asof hulle paragrawe uit die nuutste selfhelpboek-vir-die-siel vir mekaar aanhaal. En die groot "oplossing" (om ware liefde te vind by 'n ander, net so gebroke, siel) lyk 'n bietjie maklik en geyk, veral ten slotte.

Dit strek Braff egter tot eer hoe knap hy sy sentrale metafoor - Andrew se zombiebestaan van fisieke verdowing (vragte medikasie asook dwelms) sowel as sy emosionele verstarring - uitbeeld. Alles, van die absurde situasies tot die effektiewe kamerawerk en meesleurende klankbaan, ondersteun die tema van sy prent. 'n Verdere stewige bydrae word gelewer deur die regte akteurs in die regte rolle - veral Natalie Portman, Jean Smart en Peter Saarsgard verdien vermelding.

Die punte van kritiek ten spyt, is Garden State 'n kykbare fliek met 'n hele paar onvergeetlik komiese tonele.



LitNet: 26 November 2004

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.