FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Uit die foyer van Cinema Nouveau: Ons pienkgefliekte FliekVlooi lewer lopende kommentaar op die J&B gay en lesbiese filmfees.

Desperate bekjentskaper / Desperate acquaintances (1998)

Coenraad Walters

Met: Anders Dale, Bjarte Hjelmeland en Bjørnar Teigen
Regie: Svend Wam

Hierdie verhaal van desperate kennisse of vriende is kenmerkende feesmateriaal: dis in ’n taal wat Engelse onderskrifte vereis (’n Noors wat vir my anders klink as dié van Salige er de som tørsten); dis tegnies uitstekend (vriend Dirk verwys na die slim gebruik van diepte en verskillende vlakke in die kamerawerk); die toneelspel is van hoë gehalte, maar steeds bly ’n mens effens in die duister oor wat die karakters motiveer en wat die filmspan motiveer om die verhaal te vertel.

Twee beste vriende, Anders (Anders Dale) en Yngve (Hjelmeland) red ’n kennis van hulle, Terje (Teigen) uit ’n gestig en neem hom na Yngve se woonstel. Terje val op die bed neer en slaap die slaap van die regverdige. Anders en Yngve gesels kopstukke terwyl hulle verskeie biere en zolle deurwerk (soos vroeër in die film al getoon, ’n bekende tendens in hul vriendskap). Tydens die gesprek sê Anders dat hy sy naam, wat in Afrikaans gepas betekenisvol is, uitleef: hy is gay.

Yngve is ontsteld dat hy dit eers na ses jaar se vriendskap verneem, maar aanvaar dit so en wil graag meer weet. Die res van die aand en nag (’n besoek aan ’n nagklub en oorslaap in Anders se woonstel, aangesien Terje Yngve se bed beset) verdiep hul vriendskap ten spyte van konflik. Hul deernis vir mekaar is sterk genoeg om die “nuwe” verhouding te hanteer.

Iets vir ’n gaping in ’n mens se feesprogram.

(’n Klip in die bos: het ek gesê die voetnote is in Engels? Die “gonna-gotcha” dialek wat gebruik word, laat ’n mens besef waar die filmverspreiders glo hul grootste mark lê, en herinner aan Professor Henry Higgins wat gesê het: “In America they haven’t used it for years!”)

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.