FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Uit die foyer van Cinema Nouveau: Ons pienkgefliekte FliekVlooi lewer lopende kommentaar op die J&B gay en lesbiese filmfees.

Show me love (1998)


Coenraad Walters

Met: Alexandra Dahlström; Rebecka Liljeberg; Mathias Rust; Erica Carlson; Stefan Hörberg
Draaiboek en regie: Lukas Moodysson

Show me love se oorspronklike titel is Fucking Åmål. Dit is geensins ’n wilde seksprent nie: dié kras titel dui op die tieners van die klein dorpie Åmål se gevoel oor hul kleindorpse bestaan: vervelig, min variasie; al wat daar is om te doen is saam partytjie hou, rondhang en vreeslik baie drink. Wanneer ’n liefdesverhouding skeefloop, is daar bloedweinig wegkruipplek. Die klasprinsesse en skinderbekke het ook veel meer mag as elders.

Agnes (Liljeberg) woon nou al ’n jaar en ’n half in Åmål en sy het geen vriende nie. Haar sestiende verjaardagpartytjie is ’n mislukking. Die meisie in ’n rolstoel wat wel opdaag, word deur haar beledig en weggejaag. Later kom Elin (Dahlström) en haar ouer suster Jessica (Carlson) daar aan, maar eintlik wil hulle net nie by die ander partytjie van die aand wees nie. Hulle besoek is dus ook ’n fiasko, veral omdat Elin Jessica se weddenskap aanvaar en Agnes soen.

Agnes se ontluikende homoseksualiteit maak haar natuurlik nog minder gewild onder haar skoolmaats, hoewel sy dit nie wyd verkondig nie. Dat sy verlief is op Elin maak sake egter moeiliker, veral aangesien Elin terselfdertyd die aandag van Johan Hult (Rust) moet verduur. Elin se ma en Agnes se ouers, goeie bedoelings en al, kompliseer hierdie tipiese tieners se lewens net verder.

En aangesien hulle tipiese tieners is, hanteer hulle hul probleme op tipiese tienermanier: swak kommunikasie, selfmoordpogings, dronkpartye, wegloop, noem maar op. Tog is Show me love glad nie ’n swaarmoedige prent nie: Moodysson slaag daarin om ’n knap span akteurs te lei in ’n eerlike, maar vrolike verkenning van tienerskap. ’n Mens spieël jou eie ervarings teen wat op die skerm gebeur en gee daarom juis om vir die karakters.

Die lekkerkry sprokieseinde suggereer ook heeltemal genoeg realisme om nie so soet soos sjokolademelk te wees nie. Hoewel daar al heelwat rolprente en televisiedramas was omtrent “uit die kas kom”, dui Show me love juis daarop dat die probleem universeel is (ook in Swede kom dit voor!) en dat dit op ’n positiewe wyse opgelos kan word.

Vir ’n onskadelike, vrolike, soms BAIE snaakse blik op tieners wat hulself leer ken (en natuurlik vir ’n geleentheid om Sweeds te hoor), kan ek Show me love sterk aanbeveel.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.