FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

24 nights (1999)

Coenraad Walters

Met: Kevin Isola, Aida Turturro, Stephen Mailer, David Burtka, Rob Bogue, Mary Louise Watson, Mark Bateman.
Draaiboek en regie: Kieran Turner

Wat ’n heerlike tjoklit milksjeik van ’n fliek! Omtrent net soveel voedingswaarde, dit bly net so lank lekker, en as jy daaraan terugdink, dink jy eerder aan hierdie soort fliek, maar dit laat ’n groot glimlag op jou gesig. G’n VIGS dramas nie, g’n probleme met uit die kas kom en verwerp / aanvaar word nie, geen politieke agendas nie.

Jonathan (Isola) is 24. Hy is gay, woon by sy suster Marie (wat hom grootgemaak het na hul ouers se dood 16 jaar gelede; Turturro) en haar model-man Stan (Bogue), werk in ’n boekwinkel en skryf nog jaarliks aan Kersvader. Dié jaar vra hy vir die liefde van sy lewe. Natuurlik stap die Ware Jakob genaamd Toby (Burtka) by die boekwinkel in, doen aansoek om daar te werk en kry die pos. Ongelukkig moet Jonathan net eers van die man in Toby se lewe, Keith (Mailer) ontslae raak. In die proses vind hy uit dat ’n mens nie vir Kersvader moet besluit nie.

Die karakters het net genoeg sielkundige kwessies om hulle ronderig genoeg te maak. Jonathan is ’n soort Peter Pan wat nog nooit grootgeword het nie (benewens die briewe wat hy aan Kersvader skryf, pos hy ook nog briewe aan sy ouers); sy suster is die afgeskeepte kind wat haar lewe moes wy aan die klein boetie; haar skoonma Lilian (Wilson) doen haar as ’n heks voor omdat sy nie tuis met haar katte kan baklei nie. Genoeg pop sielkunde vir ’n eerstesemesterkursus, genoeg aandoenlike sentiment om ’n mens se hart in te week (Kersvader daag sowaar op om die finale knoop deur te haak!), en genoeg onskadelike skoonheid om die oog te streel.

Soos ’n Latyns-Amerikaanse bevrydingsteoloog gesê het: “Let him who is without ideology cast the first stone.” Natuurlik is so ’n skuimpieligte storie ook nie sonder sy ideologiese belang nie. Dit hang nie VIGS aan die groot klok soos Philadelphia en vele ander nie; dis nie ’n uit-die-kas-klimmery soos Another country of selfs In and out nie; dit bevorder nie eksplisiet die gayregtebeweging soos Stonewall en Boys don’t cry nie.

Maar soos Broadway damage op die 1998 fees, en Trick onlangs op die algemene kringloop, vertel dit ’n eenvoudige, alledaagse romantiese storie wat elkeen van ons eintlik graag sou wou beleef. Trouens, in my jare van smag-na-liefde sou 24 nights my eindeloos ontstel het. Juis omdat die gay karakters so naatloos deel is van hul omgewing, geen wroeging of drama daaroor ronddra nie en op die koop toe nog ware liefde vind, probeer hierdie soort prent ’n wêreld uitbeeld waarin dit onnodig sou wees om stories van brutale fisiese en sielkundige geweld, soos Boys don’t cry, te vertel. Dit is die onderliggende ideologiese bydrae van hierdie genus rolprente.

Terwyl jy daarna kyk, dink jy natuurlik nie naastenby so diep nie. Jy geniet bloot onbeskaamd die soetheid daarvan. En jy voel goed daaroor dat jy dit kan geniet.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.