FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Le traité du hasard / The treaty of chance (1998)

Coenraad Walters

Met: Eliane Pine Carrington, Nini Crépon, Laurent Chemca, Patrick Mimouni
Draaiboek en regie: Patrick Mimouni

’n Bydraer tot die Internet Movie Database waarsku ’n mens teen hierdie prent: dis een van vele wat die Paryse gay lewe ondersoek, en een van die swakkeres. Hy maak etlike voorstelle van ander wat volgens hom beter is. Dis eintlik net Franssprekendes wat Le traité du hasard die beste sal kan volg, en hulle sal dit vervelig vind, anderstaliges sal dink dis onuitstaanbaar, beweer die persoon.

Tog nie. Ons wat nie noodwendig elke enkele Franse gay fliek te sien kry nie, het nie dié soort versadigingspunt bereik nie. Natuurlik het ons al soortgelyke prente gesien: ’n groep vriende wat hul lewens verbete voortsit, al leef die meeste van hulle met VIGS. En natuurlik kan ’n mens hierdie soort verhaal eindeloos muteer deur telkens ’n ander groep mense in so ’n situasie te laat optree.

Bekende aspekte van so ’n situasie kom aan die lig: hoe mense hul HIV-positiewe status aanvaar en daarmee saamleef, die mediese behandeling, die katterige gesprekke, die wyse waarop vriendskappe ander grense vorm as seksuele verhoudings. Die wreedheid van die jonger mans, wat nog op hul skoonheid kan roem, teenoor die ouer geslag is opvallend; tog aanvaar die oueres dit met wisselende selfveragting, smagting en wyse gelatenheid. ’n Mens wonder oor die volgehoue seksuele aktiwiteit tussen mense wat werklik van beter behoort te weet, tot ’n mens besef dat hulle nou nie juis sieker kan word as wat hulle reeds is nie: as le SIDA jou eenmaal beet het ...

Hoewel die karakters ’n mens boei vir die duur van die prent, veral deur die groot volume praat wat plaasvind, sal ’n mens hulle nie noodwendig baie lank onthou nie. Interessant, maar nie verpligte kykstof nie.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.