FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Erin Brockovich (2000)

Coenraad Walters

Met: Julia Roberts, Albert Finney, Aaron Eckhart
Draaiboek: Susannah Grant
Regie: Steven Soderbergh

Erin Brockovich is ’n jippiekajater-lekkerkry fliek wat ’n bekende element van die Amerikaanse droom uitbeeld: Dawid takel Goliat en sy hele familie en sit hulle almal ore aan. Hoewel dit vir die grootste moontlike massa gemaak is, word die publiek nie beledig deur ’n swak produk nie.

Reeds in die eerste paar minute van die fliek word hierdie gevoel bevestig wanneer Erin Brockovich se agtergrond met die subtiele snelskrif van suggestie geskets word. Die knap draaiboek, duidelik geskryf om Julia Roberts te laat skitter, en die andersoortige leiding van regisseur Soderbergh, lewer iets unieks op, ten spyte daarvan dat die basiese gegewe oorbekend is.

Erin se verhaal is sekerlik ook reeds oorbekend: die enkelma van drie wat haar in ’n werk inpraat, hoewel sy geen opleiding daarvoor het nie, grawe met onkunde en nuuskierigheid ’n groot skandaal oop, verander honderde mense se lewens en slaag sommer ook daarin om baie goed vir haar kinders te sorg.

Hoewel ’n mens dramatiese hoftonele verwag, is daar net een. Wat in die hof gebeur, word op ander maniere oorgedra, en sodoende word die drama meer menslik en persoonlik. Die spanningsvlak is ook nie so freneties nie, maar die kyker raak veel meer betrokke by die lydende mense agter die hofdrama. Groot hoeveelhede inligting word oorgedra oor die gif waaraan ’n gemeenskap blootgestel word en oor die regsproses waarmee geregtigheid verkry word, sonder dat jy voel jy word onder bokse lêers en dokumente begrawe.

Natuurlik volg ’n kyker die verhaal terwyl assosiasies met ander regsprosesse van die groot en klein skerms gemaak word. En daarom vrees jy die een krisis na die ander: aanranding, ontvoering, diefstal, intimidasie. Maak ’n lysie daarvan terwyl jy kyk: van wat jy vrees, en wat werklik gebeur.

Soos reeds gesuggereer, blyk dit dat die prent gebou is om Julia Roberts. Dit was ’n skitterende idee en alle betrokkenes lag seker (verdienstelik!) op pad bank toe. Ek weet ek moet doodsdreigemente hieroor verwag, maar niemand, niemand sal my ooit kan oortuig dat La Julia beeldskoon is nie, selfs nie eens mooi nie. Oulik, ja: al wat ek daaromtrent wil sê, is: Notting Hill. Ander bewonderaars sal ook Pretty woman noem. ’n Skitterende aktrise, beslis. Dit glo ek reeds sedert Steel magnolias. Enige jong aktrise wat die albatros van skoonheid om die nek dra en haarself so rooi en opgeswel kan huil in haar eerste toneel in ’n fliek met vyf ander befaamde aktrises, verdien luide applous. Me Roberts het ook geskitter in My best friend’s wedding, en selfs van Tinkerbell in Hook ’n interessante rol gemaak.

Kan ’n mens jou enige ander aktrise voorstel as die terterige Erin, wat, ten spyte van die beroemde bonustjek, nie haar styl verander nie? Kwalik. In ’n onderhoud beklemtoon sy dat die sukses in die spanwerk tussen draaiboekskrywer, regisseur, kostumiers en aktrise lê. Ja. Maar rondom ’n ander aktrise sou dinge nie noodwendig so vrolik-suksesvol gegaan het soos ons dit hier sien nie.

Ander onontbeerlike lede van die span is Albert Finney as die kwasterige, gemaksugtige prokureur wat vir Erin teësinnig werk gee, en Aaron Eckhart as George, die man wat haar kinders oppas en haar privaatlewe aan die gang hou terwyl sy besig is met Groot Sake.

Om die verhaal realisties te hou, word verskeie sosiale kwessies met deernis en / of humor aangesny: seksuele politiek in die kantoor; die verwaarlosing van ’n gesin ter wille van ’n werk of ’n ideaal; geslagsrolle en broodwinners; verantwoordelikheid teenoor die gemeenskap versus persoonlike of korporatiewe gerief; die regverdigheid van die regstelsel. So kan ’n mens voortgaan. Die ware verhaal van Erin Brockovich is enersyds deeglik gefundeer op die werklikheid, en andersyds ingrypend opgetert vir openbare vermaak.

Wees dankbaar vir ’n fliek wat jou toelaat om jou brein af te skakel en terselfdertyd nie jou intelligensie onderskat nie. Gaan sien dit as jy jou eie spanning moet ontwyk en geniet veral La Julia se pokergesig spitsvondighede.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.