FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Est-ouest / East — West (1999)

Coenraad Walters

Met: Sandrine Bonnaire, Oleg Menshikov, Catherine Deneuve, Sergei Bodrov jr.
Draaiboek: Sergei Bodrov, Louis Gardel, Rustam Ibragimbekov, Régis Wargnier
Regie: Régis Wargnier

Nadat sy ma ses jaar lank in die tronk was, vertel Seryozha haar die aand aan etenstafel hoe sy pa aan Kameraad Stalin geskryf het om haar te laat vrystel. Ongelukkig het hy afgesterwe voor hy iets kon doen vir die gesin.

Wat was die ma (Bonnaire) se strafbare oortreding? Sy was ’n Franse burger, getroud met ’n Russiese dokter (Menshikov), wat na die Tweede Wêreldoorlog haar man gevolg het toe hy na Moedertjie Rusland wou terugkeer. Binne ure het sy besef sy het ’n fout gemaak, en het nie besef dis lewensbelangrik om so ’n insig vir jouself te hou nie.

Wanneer sy ma vrygestel word, is Seryozha ’n jong tiener. Die Franse kleuter het oor ongeveer agt jaar begin ontwikkel in ’n waardevolle Sowjet burgertjie, maar sy ma se terugkeer laat sy skanse verkrummel en in een toneel huil hy bitterlik. Dit het my onwillekeurig laat wonder: hoeveel miljoene Russiese Boetmans was (en is steeds) die bliksem in, en kon absoluut niks daaraan doen sonder om hul lewens in gevaar te stel nie? Die Kommuniste was een soort monster van die ou bedeling in Suid-Afrika. Tussen al die foute van die vorige regime, en die totale gebrek aan selfinsig wat daar was (en volgens Boetman steeds is), suggereer die ideologie onderliggend aan Est-Ouest dat hulle oor die Kommunisme reg was. Die aakligheid van lewe in Sowjet Rusland word hier ontstellend duidelik uitgebeeld.

Met onmenslike selfbeheersing bedink Alexei oor tien jaar heen hoe hy sy vrou uit die land kan help om na haar familie terug te keer. Hy verlaat haar en neem ’n Russiese houvrou, sien toe hoe sy verlief raak op die jong Russiese swemmer Sacha (Bodrov), hoe sy hom help ontsnap en Alexei se plan byna verongeluk, en hy gee voor om ’n stoere Sowjet burger te wees sodat sy gekonkel met Gabrielle (Deneuve), ’n Franse aktrise met ver-linkse politieke oortuigings, minder sigbaar kan wees. Die wyse waarop die regime die onderdrukking van menslike emosies gebiedend noodsaaklik maak, word as boos voorgehou.

Tegnies word die verhaal hoogs konvensioneel aangebied: geen skouspelagtige spel met terugflitse en ander narratiewe of visuele truuks nie. Sodoende word die emosionele impak van die gebeure onderbeklemtoon en moet die kyker self dring deur die oppervlak van oënskynlike alledaagshede om die ervaring van die karakters te deel.

Menshikov is aan Suid-Afrikaanse kykers bekend weens sy optrede in twee vroeër anti-Sowjet rolprente: Burnt by the sun, waarin hy die gesant van die regering was wat nie meer die walglikheid van sy taak kon verduur nie, en Prisoner of the mountains. Hy skitter as die dokter wat deur sy patriotisme gelei word om ’n groot fout te maak. Bonnaire as sy vrou Marie is ook uitstekend as die Franse vrou wat nie die nuwe werklikheid waarin sy beland het, kan deurgrond nie. Albei, asook Bodrov as die Russiese swem-ster, beeld die komplekse emosies uit van mense vasgevang in ’n aardse hel, wat versigtig opgewonde raak oor ’n geleentheid, wanhopig wanneer dit misluk en ten slotte te moeg om sukses te waardeer.

Die konvensionele aanbod dreineer die kyker nie, maar hoe meer ’n mens nadink oor die lot van die karakters, hoe verskrikliker raak dit. Hierin lê die krag van East — West, ’n ervaring wat oor en oor die moeite werd is, maar nie ligtelik in jou klere gaan sit nie.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.