FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Downfall

Suzette Kotzé-Myburgh

Duits met Engelse onderskrifte
Spelers: Bruno Ganz, Alexandra Lara, Juliane Kohler, Thomas Kretschman
Regisseur: Oliver Hirschbiegel

Ek het al 'n hele paar uitstekende holocaust-flieks gesien, maar altyd uit die oogpunt van die slagoffers, vernaamlik die Jode. Om die Nazi's ook as slagoffers van die oorlog te sien, en ironies dan nog die oorlog wat hulle self geskep het, was 'n briljante invalshoek vir nóg 'n fliek oor 'n stuk geskiedenis wat omtrent al van alle kante beskryf en verfilm is.

Onder die treffende en gepaste titel Downfall word die laaste ongeveer twee weke van Hitler se bewind en lewe gewys. Reeds in die openingstoneel, waarin vyf mooi jong Duitse meisies na Hitler (briljant vertolk deur Bruno Ganz) se hoofkwartier geneem word, word 'n dreigende en onheilspellende atmosfeer geskep wat deur die hele film volgehou word. Die verhaal fokus op Traudl Junge (Alexandra Lara), wat as 22-jarige gekies is as Hitler se persoonlike sekretaresse en wat vir die volgende jaar en 'n half deel was van sy binnekring tot sy selfmoord op 30 April 1945.

Hierdie uitbeelding van die laaste tien dae van die lewe van seker die mees opspraakwekkende politieke figuur van die twintigste eeu het deurgaans 'n nagmerriekwaliteit. Deur die meesterlike gebruik van beligting word die grys bunker in Berlyn waarin Hitler hom uiteindelik teruggetrek het, so realisties uitgebeeld dat die fliek omtrent soos 'n dokumentêr voel. Ook die ander agtergronde, akteurs en kostuums dra hiertoe by - wat beteken dat noulettende aandag aan die kleinste detail gegee is, maar só dat die kyker dit nie eens agterkom nie, want jy is volledig ingesuig in die storie.

Van 'n groep mense wat in die geskiedenis veroordeel staan as van die boosste ooit, word steeds 'n genuanseerde blik gegee, sodat die eindresultaat fassinerend is. Daar is tragiek én menslikheid in Josef en Magda Goebbels se fanatieke toewyding aan die Nazisme (haar vermoording van hul kinders is die tipe beredeneerde waansin wat 'n mens stom laat), die radelose generaals en bang soldate wat soos rotte in 'n val sit terwyl hul charismatiese leier wankel, Eva Braun (Juliane Kohler), só vasgevang in ontkenning dat dit 'n sielkundige studie werd is, die enigmatiese argitek Albert Speer, en die mediese professor en SS-offisier met sy hoë integriteit.

Opvallend van veral die vroue in Hitler se binnekring is hul blinde geloof in hom en hul onvermoë, tot op die einde, om sy sienswyses en leiding te bevraagteken. Deur die fokus op Junge, wat ten slotte op dramatiese wyse ontvlug en later as oorlogsmisdadiger kwytgeskeld is vanweë haar "beïnvloedbaarheid as jong meisie", word 'n karakter geskep met wie die kyker ten spyte van die omstandighede tog simpatie kan hê. Dit sorg ook vir 'n goeie spanningslyn in hierdie lang fliek van omtrent twee en 'n half uur.

As historiese film verdien Downfall hoë lof, maar enige fliekliefhebber wat belangstel in diepgaande drama behoort dit op hul kyklysie te plaas. Daar is in die laaste tyd juis so min wat die moeite werd is op ons kringloop.



LitNet: 22 November 2005

Wil jy reageer op hierdie resensie? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.