FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

About Schmidt

Suzette Kotzé

Gegrond op die gelyknamige roman deur Louis Begley

Spelers: Jack Nicholson, Hope Davis, June Squibb, Dermot Mulroney, Kathy Bates
Regisseur: Alexander Payne

Vertoontyd: Vanaf 28 Februarie

Ek het al heelwat depressing flieks gesien, maar aangesien een van die hoofdoelwitte van fliek vermaak is (en ja, ontvlugting), het ek nog nie veel gedink oor die verskynsel depressing flieks nie. About Schmidt noop my egter tot ’n klein ondersoek.

Op my lys van depressing flieks is daar die uitsonderlike Time of the Gypsies van Emir Kusturica, Liam (Iers, vanselfsprekend), Pelle the Conqueror en Songs from the Second Floor (Skandinawies, vanselfsprekend) en die meeste van die Dogme-flieks (ook Skandinawies). Dan is daar die depressing flieks wat ek nie eens gaan kyk het nie oor ek gevrees het hulle gaan so depressing wees, naamlik Breaking the Waves en Angela’s Ashes.

Die Amerikaners het egter ’n eiesoortige hantering van die depressing fliek, en ná heelwat besinning verklaar ek hulle tot die meesters van dié genre. Vroeër jare het hulle hulle nie veel op dié terrein begewe nie, maar American Beauty (stylvol depressing) het hulle stewig gevestig. Ook in die swaarder depressing liga is Boys Don’t Cry, Storytelling en Nurse Betty. Terloops, een van die tonele in American Beauty is ’n direkte uitbeelding van ’n vriendin se definisie van depressing: ’n leë tjipspakkie wat op ’n Sondagmiddag in Caledon se hoofstraat afrol.

Nou kom ons by die gewone depressing Amerikaanse flieks. In die onlangse tyd wil ek twee uitsonder: The Good Girl met supermarkmeisie Jennifer Aniston, en nou About Schmidt. Verlede jaar se Monster’s Ball en In the bedroom het ook stewige trekke getoon, maar hulle pas nie heeltemal in die kategorie nie.

Wat is dit wat die Amerikaanse depressing fliek so briljant depressing maak? My slotsom is dat dit die landskappe is. ’n Mens sien dit van die openingstoneel in About Schmidt: ’n tipiese, werklik lelike stadstoneel in Nebraska met die bane van die interstate wat na die toringgeboue vloei. Dan die werklik lelike kantoor waarin Warren R. Schmidt (Jack Nicholson) die laaste paar sekondes afwag voor sy aftrede as vise-hoof van ’n kleinerige versekeringsmaatskappy. Sy afskeidsete in ’n werklik lelike restaurant volg, en so gaan dit aan.

Die depressing uiterlike landskappe word op ’n innerlike vlak voortgesit (ek dink dit word natuur-in-simpatie genoem), en dis hier waar die Amerikaners hulle werklike meesterskap wys. Want as hulle reguit kyk, is daardie blik meedoënloos. Dis ’n blik op kleinburgerlikheid. In About Schmidt word New Age en pop sielkunde by die kleinburgerlikheid geroer, en die effek is dodelik.

Hierdie blik op kleinburgerlikheid neem homself ernstig op, sodat jy as kyker dit ook ernstig moet opneem. Kleinburgerlikheid word nie, soos in Billy Bob Thornton se Daddy and them, gesatiriseer of vir komiese effek aangewend of selfs net goedig mee gespot nie — dit is die gegewe van die fliek. As kyker kan jy jou nie daarvan distansieer nie, en die fliek se vrae word jou eie vrae: tot hoe ’n mate is my lewe net so gewoon en klein, ook kleinlik, as die karakters s’n?

About Schmidt, dan: Schmidt (66) moet aftree en plek maak vir ’n jong kaartmannetjie, sy vrou van 42 jaar (June Squibb) sterf skielik, en sy enigste ooilammer (Hope Davis) staan op trou met ’n misgewaste mannetjie, Randall (’n feitlik onherkenbare Dermot Mulroney, met die grillerigste haarstyl denkbaar). Kathy Bates (in volsterkte) is Randall se New Age-ma wat hom nog stewig aan haar rokspante het. Vroeg in die fliek sien Schmidt ’n TV-liefdadigheidsprogram waardeur jy vir net 22 dollar per maand ’n minderbevoorregte kind in Afrika kan borg, en sy briewe aan die sesjarige Ndugu vorm ’n deurlopende element.

Kollega André Crous het spottend verwys na About Nicholson en ja, die rede om hierdie fliek te gaan kyk is inderdaad die man met seker die mooiste stem in Hollywood. ’n Oorgewig Nicholson speel suburban, en hy doen dit weergaloos. My een punt van kritiek is die onoortuigende toneel op die Winibago se dak waar Schmidt ’n “gesig” sien, maar dis eintlik die draaiboekskrywer se skuld.

Gaan kyk, en as jy depressed voel of wonder waarheen dit alles gaan, moenie driekwart deur opspring om jou polse te gaan sny nie, kyk tot die einde.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.