|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |
|
|
|
Die Beste Films van 2003 en 2004
André Crous
Gewoonlik is daar net een wat uitstaan en ek weet onmiddellik dit is nommer een. Dié jaar is dit Kill Bill: Volume I. Laas jaar was dit City of God. Met die uitsondering van die eerste twee of drie flieks op my Top 10, is die res gewoonlik eenvoudig die films waar ek uitgeloop het by die teater en nie my kop in skaamte geskud het nie. Uit my lys vir 2004 blyk dit dan ook dat ek ongelukkig nog nie tien films gesien het wat die lys waardig is nie. Films soos The mother, Thirteen en Big fish kom die naaste, maar ek sou nie tevrede voel as hulle op die Top 10 verskyn het nie. Daar is egter nog flieks om dié jaar gesien te word, en ek hou duim vas dat ek 'n laaste kandidaat sal kry.
Daar is darem soveel gemors waardeur ek jaarliks moet sit. Maar daar is gelukkig ook ligpunte, en as die films net versprei word, dan sal ek ook bly wees. Ek het onlangs Elephant, 2003 se wenner van die Goue Palm-toekenning by die Cannes-filmfees, gesien en sit steeds in afwagting op nuus van sy Suid-Afrikaanse uitreikingsdatum. Ek mag solank sê dat dit die beste film is wat ek in maande gesien het.
Ja, daar sal elke jaar films wees wat die moeite werd is, en altyd films wat lankal geaborteer moes word. Wat die neëntien films hier aanbetref, geld die gewone kommentaar: hierdie is my eie opinie en terwyl ek nie met enige wetenskaplike gegewens kan verklaar waarom die een volgens my bo die ander geplaas word nie, is dit sonder twyfel die films wat ek beskou as die materiaal wat behou moet word uit dié jaar en positief bydra tot die filmindustrie. Ek sal kommentaar waardeer by die epos-adres boaan dié bladsy.
Die lyste vir 2003 en 2004 verwys na films wat in dié jare in Suid-Afrika vrygestel is. Dit is onmiddellik duidelik dat my keuses geen spesifieke vereistes het nie en dus des te meer persoonlik is. Ek dink egter dat die films behoorlike padaanwysers is vir enigiemand wat die towerkrag van films wil ervaar.
2004 was eintlik maar 'n taamlik teleurstellende filmjaar. Mag 2005 - met Bad Education (Almodóvar se nuutste), I Heart Huckabees (wat grotendeels daarin slaag om die Charlie Kaufman-styl na te boots), die wonderlike Motorcycle diaries oor die jong Ché Guevara, en die magiese Hero van Zhang Yimou - meer geseënd wees.
2003
- City of God
- Adaptation
- Punch-drunk love
- The hours
- Matrix: reloaded
- Lord of the rings: The return of the king
- About Schmidt
- The pianist
- Pirates of the Caribbean: The curse of the black pearl
- Lantana
- City of God
'n Verpletterende verhaal van die lewe in die armste gedeelte van Rio de Janeiro.
Karakters met inhoud vertolk deur akteurs wat hulself met oorgawe gee aan
hul rolle; 'n kamera wat met vasberadenheid en selfvertroue rondbeweeg, en
'n storie wat jou bybly. Vir geen oomblik is hierdie net 'n fliek nie. Briljant.
- Adaptation
'n Film wat jou brein laat kriewel. Intelligent sonder om pretensieus
te wees. 'n Storie wat met homself en met die kyker speel. Die kritiek was
egter verdeeld - kyk net na die resensies op dié webtuiste. Ek het gedink
die haarlynbalans tussen geniaal en mal is meesterlik gehandhaaf deur 'n draaiboek
wat in tien rigtings gelyk hardloop en homself sonder moeite saambind.
- Punch-drunk love
Regisseur Paul Thomas Anderson, van Magnolia-faam, sit nie 'n voet verkeerd
in dié uiters onkonvensionele film oor twee karakters wat mekaar vind te midde
van "post-romantiese" elemente nie. Visueel die mees innoverende film op die
lys, en 'n film wat inderdaad een van die mooiste beelde bevat wat ooit op
film vasgevang is: die oomblik wanneer Barry en Lena mekaar in die hotel in
Hawaii ontmoet.
- The hours
Drie verhale oor drie vroue in die 20ste eeu, verbind deur hul passie en hul
verbintenis met die boek Mrs Dalloway. 'n Storie uit die boonste rakke met
beheerste emosie uitgebeeld deur die beste aktrises - Nicole Kidman as Virginia
Woolf is ongelukkig die vals noot in dié film, terwyl Julianne Moore en Meryl
Streep op onderdrukte wyse veel meer trauma uitbeeld. 'n Film wat 'n Persiese
mat met sy drie storielyne weef en jou daarop wegvoer.
- Matrix: reloaded
Die eerste meerdelige film op dié lys is 'n fees, maar almal verskil oor sy
waarde. In teenstelling met die derde aflewering, Matrix: revolutions, word
waarde hier aan die storie geheg en gebalanseer met ongekende visuele toertjies.
Die gevegtonele is altyd volgbaar en word nooit met die konvensionele mengelmoesredigering
aanmekaargeflans nie. Die karakters is heelpad vermaaklik, en veral die verskyning
van die Architect is 'n kragtoer.
- Lord of the rings: The return of the king
Die eerste nege uur van die trilogie bou meesterlik saam tot by die klimaks
met vier of vyf volledige slottonele. Dié en die belaglik onverklaarbare verhouding
tussen Sam en Frodo was die enigste foute in 'n meesterstuk. My oordeel na
ek onlangs 'n marathonvertoning van al drie dele gesien het? Hulle is saam
meer werd as afsonderlik en ons het te doen met die beste filmtrilogie ooit.
In die trilogie is dié aflewering die beste inskrywing, en vertoon epiese
kwaliteite wat deur min ander films geëwenaar word.
- About Schmidt
'n Komedie met 'n hart en 'n sin vir emosie. Jack Nicholson, die perfekte
keuse hiervoor, vertolk tegelykertyd die moedeloosheid van 'n leeftyd, die
vrees vir oud wees, en 'n sekere kinderlikheid in sy optredes, en tog is daar
situasies om voor te glimlag selfs onder die mees vervelige omstandighede.
- The pianist
Roman Polanski gee 'n persoonlike, maar gebalanseerde, blik op die Tweede
Wêreldoorlog in Pole. Die finale produk is op die vlak van Schindler's list,
met 'n groot spektrum emosies wat die situasies by die karakters opwek. Sentimentaliteit
word tot 'n minimum beperk, Polanksi se eie herinneringe is nooit steurend
nie, en hy lewer sy beste werk sedert Chinatown.
- Pirates of the Caribbean: The curse of the black pearl
Sekerlik die grootste verrassing op dié lys. In my oë die mees opwindende
"big budget"-film sedert Titanic (nog 'n verrassing?). Johnny Depp en Geoffrey
Rush lewer wonderlike spel, en selfs Orlando Bloom kry dit reg om nie pateties
oor te kom nie. Ten spyte van die lengte van die film is dit pure vermaak
sonder grense.
- Lantana
'n Drama, 'n romanse, 'n moordraaisel, meer en dieper. In Sydney leef 'n web
van karakters by mekaar verby en word op een of ander manier deur die moord
op 'n onskuldige vrou geraak. Die fyn oog van die kamera sien alles raak en
trek lyne - soms doelbewus misleidend - tussen karakters en die insidente.
'n Sensitiewe blik op die mensdom.
Kategorietoekennings
Vir hierdie afdeling is - en ek erken dit is onregverdig - slegs die films op
die onderskeie Top 10-lyste in aanmerking geneem.
Akteur: Die hele rolverdeling van City of God
Aktrise: Julianne Moore, The hours
Regisseur: Fernando Mireilles, City of God; Peter
Jackson, Lord of the rings: The return of the king
Draaiboek: Charlie Kaufman, Adaptation
Kamerawerk: César Charlone, City of God.
2004
- Kill Bill: Volume I
- House of sand and fog
- Dogville
- Before sunset
- Eternal sunshine of the spotless mind
- Pieces of April
- The dreamers
- Goodbye, Lenin!
- Girl with a pearl earring
- Kill Bill: Volume I
'n Komedie as nommer een? Ja, en Kill Bill: Volume I is een van die
beste (uiteraard onkonvensionele) komedies in jare. Min films gee die kyker
die hoendervleisgevoel van opgewondenheid wat ek hier ervaar het. Keuses van
kleure en dialoog en klein stukkies detail is alles perfek en vorm dié bloedfees
tot 'n stuk kuns. Tarantino neem sy storie nie te ernstig op nie (my probleem
met Kill Bill: Volume II), en is duidelik 'n regisseur van epiese formaat,
totaal en al in beheer van die medium.
- House of sand and fog
Dié film, wat vergelykbaar is met die ewe indrukwekkende In the bedroom
twee jaar gelede, kyk na die beproewinge van twee partye: die Irannese gesin
van Behrani (vertolk deur Ben Kingsley, wat nooit teleurstel nie) wat die
Amerikaanse droom probeer uitleef in hul nuwe land, en Kathy (Jennifer Connelly)
wat haar situasie probeer red deur petrol op die vuur te gooi. 'n Rustige
film wat op uiters beheerste wyse momentum opbou en afstuur op 'n verpletterende
dubbelklimaks. Dit is 'n eenvoudige storie wat diepte kry danksy die menslike
kompleksiteit wat aan die karakters gegee word.
- Dogville
'n Drie uur lange stuk verfilmde teater het vir my ook nie na pret geklink
nie. Maar regisseur Lars von Trier se idees is uiters van pas op vandag se
samelewing wat - ten spyte van gerugte - steeds fobies is vir skinder oor
en saamsweer teen enigiets of enigiemand wat anders is. Nicole Kidman rys,
soos die res van die rolverdeling, uit bo haar karige voorkoms en gee 'n prysenswaardige
uitbeelding van die buitestaander. 'n Goeie balans van gitswart humor en karakters.
- Before sunset
Sewe jaar na Before sunrise, waar die karakters vertolk deur Ethan
Hawke en Julie Delpy mekaar op 'n trein naby Wenen ontmoet het en nie kon
ophou praat nie, ontmoet hulle mekaar weer in Parys. Die film vind plaas gedurende
die laaste 90 minute wat Hawke in die stad van ligte het voor sy vlug; die
twee karakters praat oor die verlede, en ontdek hoe die noodlot rondspeel,
terwyl die draaiboek nooit maklike antwoorde soek nie. 'n Pragtige film in
'n pragtige Parys.
- Eternal sunshine of the spotless mind
Beïndruk nie so sterk soos skrywer Charlie Kaufman se vorige Adaptation nie,
maar 'n reis deur die onderbewussyn is altyd interessant. Regisseur Michel
Gondry bring 'n potensiële deurmekaarspul sonder moeite bymekaar en terwyl
tyd en realiteit gedekonstrueer word, word ons meegesleur deur 'n storie wat
altyd verras en waarvan die kreatiwiteit volgehou word. Al die akteurs word
uitgesonder vir hul spel.
- Pieces of April
'n Uitstekende onafhanklike film met Katie Holmes van Dawson's creek-faam
in die hoofrol! 'n Effens onkonvensionele familie se rusies en geheime word
binne een dag (die Amerikaanse Danksegging) aan die kyker ontbloot. Dié film
het my onverwagte plesier verskaf en met soet herinneringe gelos.
- The dreamers
'n Huldeblyk aan die wêreld van films, en veral die films van die vroeë sestigs,
toe Frankryk die filmwiel herontdek het. 'n Driehoek ('n Franse broer en suster,
en 'n Amerikaner - of daar van liefde gepraat kan word, is 'n uiters komplekse
vraag) in Parys tydens die opstande van 1968 produseer spanning met bevredigende
resultate. 'n Móét vir enige filmofiel.
- Goodbye, Lenin!
'n Wonderlike storie: 'n Oos-Duitse ma, wat kommunisme ondersteun het, word
uit 'n koma wakker na die val van die Berlynse muur, maar haar kinders probeer
dié informasie so lank as moontlik van haar weerhou. Kapitalisme en kommunisme
word met gelyke komedie benader en die eindproduk is 'n geslaagde tong-in-die-kies
kykie na een van die belangrikste gebeurtenisse van die twintigste eeu.
- Girl with a pearl earring
Scarlett Johansson vertolk die rol van Griet, wat in die huis van die 17de-eeuse
skilder Johannes Vermeer werk. Haar spel skitter soos die prentjiemooi beelde
van die film, en die aandag van die film bly op die regte besonderhede gefokus,
sonder om enigiets te herhaal of banaal te onderstreep.
Kategorietoekennings
Akteur: Ben Kingsley, House of sand and fog
Aktrise: Uma Thurman, Kill Bill: Volume I
Regisseur: Quentin Tarantino, Kill Bill: Volume I
Draaiboek: Charlie Kaufman, Eternal sunshine of the spotless
mind
Kamerawerk: Eduardo Serra, Girl with a pearl earring.
LitNet: 07 Januarie 2005
boontoe
|