FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Catch Me If You Can

Coenraad Walters

Met: Leonardo di Caprio; Tom Hanks; Christopher Walken; Martin Sheen; Nathalie Baye
Draaiboek: Jeff Nathanson, gebaseer op die boek deur Frank Abagnale jr en Stan Redding
Regie: Steven Spielberg.


Die deurlugtige heer Spielberg se roem berus nie op sy komedies nie. Daarom is hierdie aanbieding, die klugtige oomblikke en geleenthede ten spyt, minder van ’n komedie en meer ’n Spielbergiaanse hartverwarmende verhaal wat die karakters psigologies belig en verklaar.

Frank Abagnale jr (Di Caprio) het op 16 begin om die wêreld om hom te flous. Met vervalste tjeks en CV’s het hy mense oortuig hy is onder meer ’n onderwyser, ’n vlieënier, ’n dokter en ’n regsgeleerde en het hy verskeie belangrike aanstellings gekry. Hy het selfs ’n meisie oortuig van sy ewigdurende liefde.

Ongelukkig is die lang arm van die gereg, vergestalt deur Carl Hanratty (Hanks), ’n man met ’n missie. Hy het nie gerus voor Abagnale agter tralies gesit het nie. Verskeie pogings om hom vas te trek het skipbreuk gely weens Abagnale se vermoë om rats op sy voete te dink. Hierin lê die belangrikste bronne van humor. Daardie toneel in die lughawe, toe hy te midde van ’n kwettering lugwaardinrekrute deur die FBI se vangnet glip, is meesterlik!

Die menslike warmte van die prent lê enersyds in die verduideliking van hoe Abagnale se ouers hom “gevorm” het om so ’n ingewikkelde verbeeldingswêreld op te bou. Andersyds lê dit in die verhouding tussen jagter en prooi: Abagnale bel Hanratty telkemale, veral op Oukersaand, en veel later span Hanratty — met groot vertroue — Abagnale se ervaring tot albei se voordeel in.

’n Vreemde prent, dus, en miskien effens lank, maar tog stel dit die kyker tevrede, al is dit op ’n manier wat jy nie noodwendig verwag het toe jy die teater ingestap het en die prettig geanimeerde openingsekwens bekyk het nie. Die feit dat dit gebaseer is op ware gebeure, maak die verhaal byna nog meer ongelooflik! Vang gerus dié een voor dit verdwyn.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.