FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Iedereen beroemd (2000)

Coenraad Walters

Met: Josse de Pauw, Werner de Smedt, Thekla Reuten, Eva van der Gucht, Victor Low.
Draaiboek en regie: Dominique Deruddere.


Wat is roem en faam tog ’n belangrike ding in baie mense se lewens! Andy Warhol het dit byna as mensereg verklaar: iedereen is geregtig op vyftien minute van roem, het hy gesê. Sommige persoonlikhede het dit nodiger as ander, soos hierdie Belgiese prent (genomineer vir ’n Beste Buitelandse Oscar) uitwys.

Jean (De Pauw) werk in ’n fabriek, maar sy kreatiewe drang word nie onderdruk nie. Sy dogter Marva (Van der Gucht) se deelname aan sangkompetisies (waartydens die deelnemers beroemde sangers naboots) bied aan hom ’n uitlaatklep: hy sal bes moontlik nooit self beroemd word nie, maar hy kan haar loopbaan bevorder. Sy is egter nie so geneë met sy aandag nie, en bowendien is haar talent nie naastenby so sterk as wat hy homself inprent nie. In die wêreld van oppervlakkige glans maak haar voorkoms ook nou nie juis ’n positiewe bydrae nie.

Die fabriek speel bankrot en Jean sit op straat Sy trots verhoed hom om met sy familie daaroor te praat, en sy pogings om geld te bekom (onder meer krapkaarte!) lewer niks op nie. ’n Suksesvolle sangeres in die familie sal egter die prentjie verander; daarom begin hy harder werk aan Marva se loopbaan.

Toevallig kom hy die pop-sensasie van die Lae Lande, Debbie (Reuten), teë en op die ingewing van die oomblik ontvoer hy haar. Hy roep sy fabriekkollega Willy (De Smedt) se hulp in. Aanvanklik wil hulle geld hê, maar later besluit Jean dat Debbie se agent dalk nou net Marva se loopbaan aan die brand kan skop.

So speel die moderne sprokie hom verder uit: dit stuur onafwendbaar af op ’n “eind goed, alles goed”-slot. Net die yskoningin kom sleggerig daarvan af, en sy verdien dit (natuurlik — dis mos hoe sprokies werk!). Willy sit bes moontlik met die gunstigste afloop — die verdienste van die ridder in die wit Golf. Natuurlik is daar ’n (on)gesonde stukkie sentimentaliteit in die slot: daai gesprek tussen vader en dogter … Maar is sentimentaliteit nie maar altyd teenwoordig wanneer hierdie soort nie-erotiese intimiteit geopenbaar word nie?

Reklamemateriaal verwys na ooreenkomste met onder meer The full monty. Aangesien dit hier ook gaan oor lede van die werkersklas wat werkloos word en met verbeelding, ywer en entoesiasme (asook ’n skoot geluk) hul lot verbeter, is die vergelyking voor die hand liggend. Kykers moet egter onthou dat Iedereen beroemd ’n Europese klug is, nie ’n Engelse/Amerikaanse een nie. Die pas is stadiger en die humor van ’n ander aard.

Daar is natuurlik baie te geniet. Nadat Debbie se agent (Low) die eerste maal die ontvoerder ontmoet het, sit hy histeries in sy motor en lag — en reflekteer die gehoor se gevoel op daardie stadium perfek. Wanneer het ’n mens nou ooit al ’n Michael Jackson-mombakkies presies so uitdrukkingsvol gesien — om die beurt hoopvol, desperaat, ernstig, opgewonde … ?!

In kenmerkende komediestyl word ernstige sake terloops aangesny: die drang na roem, die relatiwiteit en vervlietendheid van roem, seks as tegniek tot sukses of geluk, die manipulering deur en manipuleerbaarheid van die massamedia (daardie superslim dog superslymerige agent …), die invloed van roem op ’n gelukkige gesin.

Die milde ironie en die deernis vir die karakters waarmee hierdie sprokie opgedis word, laat ’n mens die voorspelbare slot vergeet. Die akteurs se knap spel stel geloofwaardige mense daar in wie se lotgevalle die kyker geïnteresseerd is en vir wie jy omgee.

Iedereen beroemd is ’n verfrissende weergawe van ’n bekende verhaal. Dit het hierdie kyker meer plesier verskaf as die glansryke aaneenryg van stereotipes genaamd Legally blonde, of die netjies-uitgevoerde dief-formule van The score (lees resensies elders op dié blad). Weens die Europese kwaliteite van Deruddere se prent mag dit dalk nie in almal se smaak val nie, maar dit word sterk aanbeveel as aangename vermaak.

Soek jy egter na Iedereen beroemd in die rolprentlyste in koerante, gaan jy bedroë daarvan afkom. Suid-Afrikaanse fliekvlooie verstaan mos net sogenaamde Buitelandse Rolprente as hulle Engelse titels kry. Soek dus na Everybody famous.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.