FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

FilmFundi word geborg deur
Cinema Nouveau

The end of the affair

Met: Ralph Fiennes, Julianne Moore, Stephen Rea, Ian Hart, Sam Bould
Draaiboek: Neil Jordan, gebaseer op Graham Greene se roman
Regie: Neil Jordan.

In hierdie rolprent is die geheel kleiner as die som van die dele.

Die gebeure is gebaseer op die gelyknamige roman van Graham Greene, en die draaiboek is geskryf deur die regisseur, Neil Jordan, wat veral met The crying game naam gemaak het. Hoewel ek nog nie hierdie boek gelees het nie, boei The end of the affair veel minder as Jordan se vroeër prent.

Die verhaal draai om ’n romansier, Maurice Bendrix (Fiennes), wat gedurende die Tweede Wêreldoorlog in Londen woon en werk, en terselfdertyd ’n vuurwarm romanse aanknoop met ’n buurman se vrou. Die buurman, Henry Miles (Rea), is ’n bleeksiel met ’n goeie loopbaan in die staatsdiens. Sy vrou Sarah (Moore) is verveeld en onvervuld, en Bendrix se toenadering word aanvaar en beantwoord met ewe veel passie as syne.

Nadat Bendrix in ’n bomontploffing beseer is, beëindig Sarah die verhouding sonder om te verduidelik. Vir ’n paar jaar sien hulle mekaar nie, maar dan loop Bendrix vir Miles in die reën raak. Miles verdink sy vrou van ’n verhouding en wil ’n privaatspeurder huur. Hy het egter nie die moed nie. Agter sy rug huur Bendrix dan die deeglike Mr. Parkis (Hart), wat sy seun (Bould) as loervink inspan en sy verslae in hoogdrawende, eufemistiese Engels lewer (een van die prent se groot vreugdes!)

Die werklike einde van die hele affêre kom heelwat later en uit ’n bron wat ’n mens nie te vroeg al verwag nie.

Al die akteurs speel uitstekend. Moore, wat vir ’n Oscar benoem is vir haar spel as Sarah, die wonderlik subtiele Fiennes, asook Rea en Hart is almal uitstekend geplaas in hul rolle. Die Oscar-benoemde kinematografie is asembenemend; saam met die kunsregie word gesorg dat die Londen tydens en pas na die Tweede Wêreldoorlog pragtig uitgebeeld word.

En tog … Die passie wat tussen Bendrix en Sarah gesuggereer word, word so onderspeel dat slegs die eksplisiete sekstonele iets werkliks daarvan uitbeeld. Die veelheid ander kwessies wat sekerlik uit die roman spruit, word ter sprake gebring, maar nie bevredigend ten tonele gevoer nie: jaloesie, vertroue, liefde en die ewigdurendheid daarvan, en ook die “geding met God”.

As ek nou klink asof ek ’n tema van die Dertigers in die Afrikaanse poësie oprakel, is dit bewustelik. Algaande, veral as die verhaal van die bomontploffing herhaal word vanuit ’n ander perspektief, word die mens se betrokkenheid by God al hoe belangriker in die verhaal. Dit is nie ’n beswaar teen die roman of die draaiboek nie; die beswaar is dat dit nie myns insiens geloofwaardig hanteer word nie. Is dit omdat ons nie meer geïnteresseerd is in mense wat God aanvanklik nie ernstig opneem nie, en later van plan verander?

Kyk / lees ek iets mis? Oordeel ek te vinnig? Moontlik. Maar voorlopig dink ek nie aan The end of the affair as ’n vreeslik onthoubare prent nie.

Of wag: ’n mens soek na rokers in The end of the affair soos jy na vroue soek in Lawrence of Arabia - natuurlik sal ek dié prent onthou!

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.