FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Abril Depedacado (Behind the Sun)

Coenraad Walters

Met: José Dumant; Rodrigo Santaro; Rita Assemany; Ravi Ramos Lacerda; Flavia Marco Antonio; Everaldo Pontes.
Draaiboek: Karrim Ainouz, Ismail Kadaré en Walter Salles.
Regie: Walter Salles.

Behind the sun vertel ’n eenvoudige verhaal wat oor die hele aardbol al plaasgevind het, van grond en bloed, van trots en identiteit, van passie en eer. Die eenvoud verskuil ryk argetipes en die tegniese eenvoud van die prent laat die verhaal en die karakters voorop staan.

Twee Brasiliaanse families is gewikkel in ’n bloedstryd oor ’n stukkie grond. Onlangs is die oudste seun van een familie geskiet deur een van die vyand se seuns. Die oorledene se hemp hang buite in wind en weer; wanneer die bloed in die materiaal geel word, moet die volgende seun, Tonio (Santaro), die moordenaar gaan skiet. Tonio en sy pa woon dan die nagwaak en begrafnis van sy slagoffer by, en hy verkry ’n kortstondige wapenstilstand.

Deels weens sy naamlose boetie (Lacerda) se aanmoediging (eers later kry die kind die naam Pacu present!), deels weens die blinde patriarg van die opponerende familie se opmerking dat hy nooit die liefde sal ken nie, loop Tonio weg van sy gesin se armoedige bestaan. Hy ontmoet ’n pragtige meisie, Clara (Antonio), wat saam met haar stiefpa ’n sirkus aanbied in die klein dorpies op die Brasiliaanse platteland. Hy reis ’n rukkie saam met hulle voor hy teruggaan om te voorkom dat sy familie se eer saam met hul grond verlore gaan. Die uiteinde van die verhaal is egter ’n onverwagte tragedie - en bevryding.

Die visuele aanbieding is onopgesmuk, met die moontlike uitsondering van die slottoneel - maar as ’n mens simbolies interpreteer, kan ’n mens dié stukkie skynbare selfkoestering vergewe. Juis hierdie tooiloosheid herinner aan die regisseur se vorige prent, die deernisvolle maar sentimentaliteitslose Central do Brazil (Central station, 1998), die prent wat in 1999 die Oscar vir die beste buitelandse prent moes opgeraap het voor die neus van La vita e bella (Life is beautiful) .

Vir fliekvlooie wat van eenvoudige verhale hou wat pakkend vertel word, behoort Behind the Sun ’n visuele fees te wees. Geniet dit!

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.