FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

A Good Woman

Suzette Kotzé-Myburgh


Spelers: Helen Hunt, Scarlett Johansson, Tom Wilkinson, John Standing, Mark Umbers
Regisseur: Mike Barker
Vertoontyd: Wys tans

Van ’n fliek gebaseer op ’n Oscar Wilde-drama verwag ’n mens iets wat slim en oorspronklik is, met genoeg byt, maar sonder om swaar te wees. A Good Woman, ’n sprankelende hervertolking van sy Victoriaanse komedie Lady Windermere’s Fan, is presies dit.

Reeds in die titel sit die ironie, maar ook die subtiele teregwysing wat Wilde, as swartskaap van sy tyd, deur middel van sy skerp sosiale kommentaar tot sy kykers gerig het.

’n Dolgelukkige jong paartjie, Robert (Mark Umbers) en Margaret Windemere (Scarlett Johansson), pas ’n jaar getroud, doen wat ryk Amerikaners in 1930 in die somerseisoen gedoen het: hulle hou vakansie in Italië. Die seisoen is amper verby en die ou bekendes is al báie bekend met mekaar (verveeld ook), toe daar afwisseling opdaag – sommer baie afwisseling. Die berugte mevrou Stella Erlynne (Helen Hunt), getroud meer as eens en gewese minnares van ’n vyftal of so, is nou sonder geld of heenkome en sy moet vinnig ’n plan maak. Sy is die skarlakenvrou, die aartsverleidster wat deur mans bewonder en deur vroue gehaat word. En beskinder, o!

Mevrou Erlynne het ’n spesifieke doel: sy het naamlik ’n foto van die Windemeres in ’n koerant gesien en Robert Windemere is onteenseglik in haar visier. Maar die pierewaaier Lord Darlington (John Standing) het weer ’n lang oog op die bekoorlik onskuldige Meg Windemere, wat glo dat niks en niemand haar huwelik kan skaad nie. En Tippy (Tom Wilkinson) ontwikkel ten spyte van sy suster en vriende se energieke spioenasie op Robert en Stella ’n intense belangstelling in dié “slegte vrou”.

Hierdie verknoping van karakters en motiewe ontwikkel stadig, en bereik sy hoogtepunt met die swierige mondigwordingpartytjie van die fraaie Meg. Die einde laat die kyker met die bittersoet besef: soos met Adam en Eva in die Paradysverhaal gebeur het, is daar – paradoksaal – tog meer te vind in ontnugtering en lewenservaring as in reine onskuld.

Regisseur Mike Barker hanteer Wilde se pittige, raak dialoog nét reg, sodat dit ’n plesier is om na die karakters te luister en die talle “quotable quotes” te herken. Die film is ’n oortuigende periodestuk (selfs die verouderde Victoriaanse waaier slaag in die 1930-konteks), maar dit voel wonderlik vars en hedendaags. Anders gestel: dis oud maar nie outyds nie.

Die fliekmakers verdien lof dat elk van die hoofkarakters presies reg gekies is vir hul rol – Helen Hunt, veral, is onverbeterlik as die deurwinterde ouer vrou by wie die desperaatheid net onder die oppervlak lê. Tom Wilkinson maak ’n besonder simpatieke indruk as die dom man (soos hy self sê) met die baie geld. Scarlett Johansson wys weer eens waarom sy in die laaste paar jaar die liefling van filmmakers soos Woody Allen geword het, terwyl die onbekende Mark Umbers verras met sy sterk spel. Ook John Standing as die skatryk maar onvervulde Lord Darlington is nommerpas, spesifiek wat sy voorkoms betref.

Die pragtige stelle en veral die klere van die ryk bevoorregtes maak hierdie ’n heerlike, ligte ontsnappingsfliek vir diegene wat – helaas – moet werk om hul daaglikse brood te verdien. Maar solank daar darem genoeg geld is vir ’n fliekkaartjie . . .





LitNet: 22 Augustus 2006

Wil jy reageer op hierdie resensie? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.