FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Second skin / Tweede skil (1999)

Coenraad Walters

Met: Jordi Molla, Javier Bardem, Ariadna Gil, Cecilia Roth
Regie: Gerardo Vera

Die storie
Nie totaal onbekend nie: Man is gelukkig getroud met Vrou, en ’n laat kleuterseuntjie maak hul lewens vol. Tog trap Man Alberto (Molla) oor die grense van die huwelik, Vrou Elena (Gil) vind dit uit en is kennelik ongelukkig. Sy konfronteer hom daarmee, en hy lieg vir die Protea span. Heelwat later vind Vrou eers uit dat sy nie vervang is met Ander Vrou nie, maar met Ander Man Diego (Bardem). Groter krisis. Na allerlei kinkels innie kabel word sy en die Ander Man, wat ook ingewikkeld belieg is, in ’n ontmoeting ingedwing en ontstaan ’n prekêre verbintenis gebaseer op gemeenskaplike verlies en ontsteltenis.

Die seks
Ja, die groot rede waarom Second skin veral hier te lande opspraakwekkend is. Laat ons insgelyks kaalkop daaroor praat. Daar is vier sekstonele, twee hetero, twee homo. Die wraak wat die skone Elena op Alberto voltrek, word netjies gesuggereer. Die vredeseks tussen Elena en Alberto is voorspelbaar vervelig. Die twee tonele tussen Alberto en Diego sou baie kykers by die Gay en Lesbiese Filmfees gelukkig huis toe gestuur word. ’n Mens sien weliswaar nie aktiewe liggaamsdele wat sensureerbaar is nie, maar daar word ook maar min van suggestie gebruik gemaak (al is daar in die tweede toneel ’n bedekkende lakentjie). Die byna skokkende felheid van hierdie tonele laat jou dadelik besef hoe Alberto met ’n pokergesig lieg as hy vir Elena sê dat dit vir hom niks beteken nie. Nou nie heeltemal “hardcore porn” nie (ons het darem al Shooting porn gesien by ’n vorige G&L fees), maar sekerlik die naaste wat ons daaraan gekom het (ja, ja!) in ’n nie-feesfliek.

Die titel
Lesers van die Fliekvlooi se resensies weet al dat hy verkies om die oorspronklike titel boaan te plaas, met die kommersieel gebruikte Engelse titel langsaan. Die Spaans vir Second skin sal egter in die Afrikaanssprekende leser / kyker se oog spring soos ’n Nederlandse kat en ’n woordspeling daarstel wat net te gerieflik by die tema van die prent pas…

Die binneversiering
Dis Madrid, nie Barcelona nie, en die karakters verdien seker heelwat meer as dié in Todo sobre mi madre. Die woonstelle en huise is veel soberder en rustiger ingeklee, maar steeds kreatief en interessant.

Die slotsom
’n Knap studie van karakters betrokke by die ineenstorting van verhoudings. Jordi Molla sorg met geskakeerde spel dat kykers Alberto met roomterte vol klippers sal gooi as hulle kan, maar hom dan sal help skoonvee omdat hulle tog ook vir hom jammer is, al is hy so ’n skurk. Javier Bardem en Ariadna Gil oortuig as die twee minnaars wat albei bedrieg word, ten spyte van hul onvoorwaardelike liefde vir en geloof in Alberto. En dis altyd ’n vreugde om Cecilia Roth in aksie te sien.

Die slot van die verhaal mag ’n “cop out” wees, maar belig tog ’n moontlike uitkoms wat realisties is. En ’n realistiese prent soos dié kan ongelukkig nie speel met drie of vier ideale slotte nie! Kykers kan op pad huis toe hul eie slotte versin, gebaseer op die bekende dog interessante gegewe.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.