FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Gossip (2000)

Coenraad Walters

Met: Pernilla August (Molly Fischer); Helena Bergström (Stella Lindberg); Lena Endre (Rebecca Olsson-Frigårdh); Stina Ekblad (Eivor Pellas); Ewa Fröling (Georgina Seth); Margaretha Krook (Ingrid Seth); Marika Lagercrantz (Karin Kalters); Suzanne Reuter (Alexandra Furustig); Marie Richardson (Cecilia Falk); Gunilla Röör (Git Jeppson); Harriet Andersson (Camilla Steen).
Draaiboek en regie: Colin Nutley.


Daar word deur sommige taalkundiges beweer dat taal nie deur mans ontwikkel is nie: as jagters moes hulle nieverbaal kommunikeer om hul prooi nie te verwilder nie. Vroue het taal nodig gehad om met mekaar te kon gesels terwyl hulle “tuis” gesit en kinders oppas het. En waaruit sou die gesprekke bestaan het? Skinderstories, natuurlik!

Ek aanvaar geen krediet vir die stereotipering van bostaande paragraaf nie, maar dink daaraan dat skinder vandag nog ’n belangrike sosiale funksie vervul. Die vermaakwaarde daarvan word onderstreep deur die feit dat daar, benewens hierdie Sweedse rolprent, ook ’n Amerikaanse tienerfliek tydens 2000 met die titel Gossip vrygestel is.

Colin Nutley se kykie na die lewe van Sweedse akteurs draai om tien vroue, al tien aktrises. Sien, Hollywood (wat so graag suksesresepte herhaal) wil die Sweedse diva, Gretha Garbo, se 1931-treffer, Koningin Christina, herverfilm. Daarom is die room van Sweedse aktrises in rep en roer: hierdie tien lê almal oudisies af vir dié gesogte rol.

Hierdie uitgebreide “skinderstorie” vertel aan die kykers wat met dié tien gebeur op die dag waarop die uitverkorene bekend gemaak word. In die tradisie van Short cuts, Magnolia en Things you can tell just by looking at her word die skakels tussen dié tien se lewens uitgebeeld. Dis dus sinloos om die verhaal te probeer opsom.

Enkele hoogtepunte sluit egter in:

  • Een van die aktrises vier haar veertigste verjaardag, en tydens haar partytjie die aand word die keuse bekend gemaak.
  • Nog een is op die punt om geboorte te skenk, maar sy weier om te sê wie die pa is.
  • ’n Derde een verkul haar man met ’n vierde lid van die groep.

    Aangesien die meeste spelers onbekend is, en ’n mens nog die gebeure aan die hand van onderskrifte moet volg, gebeur dit soms dat jy verlore raak en nie mooi weet presies wie nou op die toneel verskyn het nie. Hierdie verwarring word soms uitgebuit wanneer die grens tussen werklikheid enersyds en repetisie / oudisie / verfilming / verhoogoptrede andersyds vervaag.

    Die spel is deurgaans goed en die draaiboek skerpsinnig en vindingryk. Met fyn spot word gekyk na die Sweedse film- en vermaakbedryf (let op: ABBA is nog invloedryk!) en na die invloed van Hollywood. Tog word die individue uitgebeeld as mense, nie stereotipes nie.

    Ter vergelyking het ek na America’s sweethearts gaan kyk (lees Suzette se resensie elders op dié ruimte). En feitlik alles wat Gossip reg doen, doen America’s sweethearts verkeerd. Hoewel die Amerikaanse fliek tog daarin slaag om in sekere oomblikke skerp kommentaar te lewer op die bedryf in Hollywood (veral deur Catherine Zeta-Jones se karakter), bly die karakters tipes, is die humor meestal lomp en maak die musiek heeltemal té seker dat die gehoor ’n belangrike oomblik as belangrik ervaar.

    Hierteenoor is Gossip meer kompleks, meer eerlik en veel minder kommersieel. Tog is dit toeganklik en genietbaar — nie ’n donker Skandinawiese wroegfest soos ons vroeër jare uit dié geweste verwag het nie.

    Met verskeie gunstelingtonele (soos die drie mans in die kroeg — ook mans moet soms “private aches” uitpraat!) en ’n heerlik ironiese slot, is Gossip een van 2001 se topflieks. As jy ’n intelligente komedie soek, gaan kyk gerus!

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.