FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Harry Potter and the Philosopher’s Stone

Suzette Kotzé

Spelers: Daniel Radcliffe, Emma Watson, Rupert Grint, Richard Harris, Maggie Smith, Robbie Coltrane, Alan Rickman, Zoë Wanamaker, Tom Felton
Regisseur: Christopher Columbus
Vertoontyd: Vanaf 23 November

Die lang verwagte Harry Potter-fliek is uiteindelik hier. En die uitsien was die moeite werd, want regisseur Chris Columbus bied ’n skouspel wat die boek oortuigend tot lewe roep — twee en ’n half uur daarvan!
      In ’n slim openingstoneel sien ons hoe die baba Harry op die Dursleys se drumpel in Ligusterlaan 4 gelos word, en na die titelaankondigings is ons by Dudley se verjaardag. Oom Vernon, tant Petunia en Dudley (Richard Griffiths, Fiona Shaw en Harry Melling) is net so karikatuuragtig soos in die boek en wonderlik komies. Dan volg die stryd om Harry se Hogwarts-brief by hom afgelewer te kry, tot hulle op die eilandjie in die stormsee sit en Hagrid (Robbie Coltrane) die deur afskop.
     Nadat Hagrid en Harry ’n draai gemaak het by die Edelgolt-bank (en die humeurige gnome!) en inkopies gedoen het in Diagonaalstraat, is dit stasie toe en Harry ontmoet die Weasleys. Die aankoms by Hogwarts, die asemrowende Groot Saal, die Sorteerhoed, die eerste ontmoeting met die onderwysers en nuwe vakke is alles daar, en nou is die kyker goed bekend gestel aan Harry se magiese wêreld.

Van hier af konsentreer die film op twee aspekte, naamlik Kwiddiek (die Kwiddiekwedstryd-toneel het blykbaar vyf maande geneem om te verfilm) en natuurlik die soektog na die towenaar se steen. Draco Malfoy (Tom Felton, met net die regte voorkoms) is daar om Harry te treiter, Harry en Ron raak vriende met die wysneusige Hermien, en daar’s opwindende uitstappies met die onsigbaarheidsmantel na Hagrid se hut (met onder meer Norbert, die Noorweegse rifrug, se geboorte uit die draakeier). Die spanning bou op tot Harry se uiteindelik konfrontasie met Woldemort, ’n toneel met uitstekende spesiale effekte.

Net soos in die boek, was een van die treffendste tonele vir my Harry se ontdekking van die Spieël van Etreegeb (Begeerte) waarin hy sy ouers sien — sy ma se voorkoms laat mens nogal baie dink aan J.K. Rowling, die skrywer.      Behalwe vir die wonderbaarlike manier waarop Columbus die milieu voorstel (Hogwarts-kasteel het my verbeeldingsprentjie ver oortref), lê sy grootste prestasie sekerlik in die akteurs wat hy gekies het. Richard Harris as professor Dompeldorius, Maggie Smith as professor McGonagall en Alan Rickman as professor Snerp is nommerpas, maar dis veral Robbie Coltrane as Hagrid wat beïndruk met sy egtheid en warmte. Skynbaar het Rowling spesifiek aangedring op hom in die rol, en met reg ook. Zoë Wanamaker as Madame Hooch, die Kwiddiekafrigter, is ’n wonderlike tawwe tina, behalwe dat dit lyk asof sy geel kontaklense dra.
     Maar die karakter waarby die film sal staan of val, is sekerlik Harry, en die nege maande lange soektog na die regte akteur was beslis die moeite werd — Daniel Radcliffe met sy sielvolle blou oë “voel” soos die Harry in die boek. Emma Watson is ’n mooier Hermien as wat ek haar sou voorstel (maar nou ja, Columbus kon seker nie van Hollywood vergeet nie), maar Rupert Grint as die bekkige Ron is perfek. Die samespel tussen dié drie is besonders, en ek voorspel dat die jong akteurtjies se spel, want soms nog bietjie houterig is, net beter sal word met die volgende films.
     Die vraag “Watter een is beter: die boek of die fliek?” is myns insiens nie regverdig nie, omdat dit twee heeltemal verskillende mediums is. Persoonlik verkies ek beslis die boek, omdat dit soveel meer as die fliek bied (soos die humor, die karakters se interaksie met die diere en die meer geleidelike ontrafeling van die geheim, wat uiteraard nie soveel tyd kon beslaan in ’n film wat reeds lank is nie).
     Opsommend dan: Die fliek is ’n getroue weergawe van die boek, maar om Harry se wêreld regtig vir jouself te ervaar, is daar niks wat kom by die heerlike wegsink in die bladsye van die boek nie. Nou moet ek nog Lord of the Rings lees voor die fliek begin draai …

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.