FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Original Sin

Suzette Kotzé

Spelers: Antonio Banderas, Angelina Jolie, Thomas Jane, Joan Pringle, Allison Mackie
Regisseur: Michael Cristofer
Vertoontyd: Vanaf 2 November 2001

In die kategorie “lekker flieks” kan Original Sin ’n plek boaan die lys inneem, veral as ’n mens kyk wat tans op die fliekspyskaart is. As jy heimlik gaan kyk om die smeulende Antonio te sien, of die ewe smeulende Angelina, kan jy jou gewete troos met die feit dat daar ook ’n baie goeie storie is.
       Dis die laat 1800’s in Havana, Kuba. Luis Vargas (Antonio Banderas), ’n ryk jong landheer, bestel vir hom ’n bruid uit Amerika. Nee, hy glo nie in liefde nie, hy soek net ’n vrou en moet sorg dat hy ’n nageslag kry om eendag sy koffieplantasie oor te neem.       Mej Julia Russell (Angelina Jolie) arriveer per skip, maar sy lyk glad nie soos die valerige meisie op die foto wat sy gestuur het nie. Inteendeel, sy is ’n skoonheid. Sy het hom bedrieg, erken mej Russel, sy wou nie hê ’n man moet met haar trou net omdat sy mooi is nie. Wel, erken Luis, hy het haar ook bedrieg toe hy geskryf het hy is ’n klerk by die koffiemaatskappy. Dan weet albei van ons dat die ander nie te vertrou is nie, is haar kriptiese antwoord, en een van die eerste sleutels in die ontvouing van dié verhaal van verraad wat jakkalsdraaie gooi tot aan die einde.
      Hierdie stylvolle riller, wat in aanbod herinner aan The Talented Mr Ripley, doen dinge nét reg. Die periode is oortuigend ingeklee wat agtergronde en kostuums betref, en is ’n fees vir die romantikus se oog. Daar is een sekwens stomende sekstonele vir die voyeur. Die beligting is donker en broeiend en die musiek onheilspellend vir die liefhebber van rillers. Simbole is onopsigtelik en goed geïntegreer vir die literêre kenner. En die storie agter die storie het genoeg diepte vir die amateur filosoof (verkieslik diegene wat in liefde glo).
      En deurgaans kan jy jou verkyk aan die uiters aantreklike hoofspelers, wat net sulke bevredigende akteurs is. ’n Mens sou jou nie twee mense uit die Glansstad se sterrelys kon voorstel wat mekaar beter sou balanseer en aanvul nie. Tussen die twee-groot-name-bymekaar-flieks van die afgelope tyd (Matt Damon en Penélope Cruz in All the Pretty Horses; Keanu Reeves en Charlize Theron in Sweet November; Brad Pitt en Julia Roberts in The Mexican; Nicolas Cage en Penélope Cruz in Captain Corelli’s Mandolin) is hierdie ’n kombinasie wat wérk.
      Kry dadelik springmielies en gaan kyk!

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.