FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Memento (2000)

Coenraad Walters

Met: Guy Pearce; Carrie-Anne Moss; Joe Pantoliano; Stephen Tobolowsky; Harriet Sansom Harris
Draaiboek: Christopher Nolan (gebaseer op ’n kortverhaal deur Jonathan Nolan)
Regie: Christopher Nolan

Leonard Shelby (Pearce) van San Francisco, voorheen ’n werknemer by ’n versekeringsmaatskappy wat moes vasstel of eisers die waarheid praat, is skielik sy lewe kwyt - veral, skynbaar, die kluts. Hy kan geen korttermynherinneringe vorm nie. Hoekom dra hy hierdie deftige pak en ry hy met ’n spogmotor rond? Die oorsaak is die verkragting en moord op sy vrou: die laaste wat hy onthou. Van sy lewe voor hierdie tragedie onthou hy alles, veral die saak van Sammy Jankis (Tobolowsky) en sy vrou (Harris) wat hy namens die versekeraar moes ondersoek. Sammy het iets soortgelyks oorgekom en kon geen nuwe herinneringe opbou om hom in sy nuwe situasie te help nie. Sy vrou het hierdie gebrek gebruik om aan haar frustrasie te ontsnap.

Leonard weet een ding ondubbelsinnig: hy wil wraak neem. Die polisie glo hom nie, aangesien sy geheue minder as onbetroubaar is. Hy neem dus die wet in eie hande en met sy Polaroid-kamera, ’n pen en die tatoeëerkuns sorg hy dat hy onthou wat hy moet onthou. Sy foto’s en aantekeninge help hom om te weet wie onder meer Natalie (Moss) en Teddy (Pantoliano) is en wat hy van hulle moet dink. En ten slotte slaag hy in sy doel.

Die verhaalstruktuur dra perfek by tot karakterisering. Die storie word in twee “strome” aangebied: een, in swart en wit, toon Leonard op die telefoon in ’n motelkamer, besig om met iemand oor die foon te praat. Skielik kan hy nie onthou met wie hy praat nie, en boonop ontdek hy ’n tatoeëermerk wat hom herinner om nooit die foon te antwoord nie.

Die tweede stroom, in kleur, word in klein segmente vertel — in omgekeerde orde. Hierdeur deel die kyker in Leonard se gevoel van verwarring en ontreddering, en sien jy ook hoe hy by die fokus van sy wraak uitkom. Wanneer die twee “strome” as ’t ware ineenvloei, dink die kyker dat die geheim opgelos is. Maar is dit werklik? En sal Leonard dit môre nog weet? Die vervagende foto van bloed teen ’n muur en op ’n vloer in die openingskoot lei reeds die tema in en suggereer antwoorde op die vrae waarmee jy uit die teater stap.

Hierdie oorspronklike vertelstyl werp heelwat ernstige vrae op, nie alleen oor geheue as sodanig nie, maar ook oor die werklikheid, jou interpretasie daarvan en die geldigheid van bewyse. Daar word nogal baie van die kyker verwag - jy moet mooi konsentreer en self baie onthou van wat jy vroeër gesien het (maw wat later gebeur het) om dit wat jy nou bekyk, te kan begryp. Memento is dus ’n fliek wat ernstige fliekvlooie sekerlik ’n tweede keer sal wil sien: soos in The sixth sense sal jy wil kyk na die leidrade wat in die vertelling ingebou is om die openingstoneel/slot te kan verstaan.

Met die deurbreking van chronologie as vertelbeginsel sluit Memento aan by prente soos Pulp fiction en die Joego-Slawiese Before the rain. Ook Groundhog day kom in gedagte, hoewel dit meer lineêr werk. Kollega Jonathan vertel van ’n komedie waarin die hoofkarakter tydens sy slaap alles omtrent gister vergeet en dus soggens moet luister na die bandmasjientjie wat aan sy hand vasgeplak is om te kan sin maak van die verlede.

Goeie spel, veral van Pearce (daar was sekerlik nie baie mense wat aan dié toestand ly by wie hy kon gaan kers opsteek nie!), uitstekende redigering en ’n pakkende verhaal wat boeiend vertel word, maak van Memento een van die fliekhoogtepunte van die jaar. Bes moontlik nie almal se idee van ’n rustige item vir ’n ontspannende fliekaand nie, maar ’n moet vir almal wat iets nuuts en vars soek.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.