FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

The King is Alive

Suzette Kotzé
Spelers: Jennifer Jason Leigh, Janet McTeer, David Bradley, Romane Bohringer, Vusi Kunene, Peter Kubheka, David Calder, Bruce Davison
Regisseur: Kristian Levring

As dit Dogme is, moet dit wroeg.

The King is Alive is die vierde rolprent wat voldoen aan die Deense Dogme-manifes van 1995 waarvolgens filmmakers terugkeer na ’n gestroopte, “eerlike” styl sonder enige tegniese manipulasie. Handkamerawerk (daardie rukkerige effek) word aangemoedig en die klank word tydens verfilming op die stel opgeneem.

’n Groep busreisigers sit gestrand in ’n verlate myndorpie in ’n Afrika-woestyn nadat die kompas onklaar geraak en hulle koers verloor het. Om alles te kroon, is die bus se petrolkanne nie by die vorige stop volgemaak nie en die busbestuurder (Vusi Kunene) kry die skuld hiervoor.

Een gaan soek hulp, wat volgens berekening vier dae te voet ver is; die res sit en wag. Teen die vyfde dag is daar nog geen teken van redding nie en hulle begin brand die bus se bande om rook te maak wat ver gesien kan word.

Soos die tyd aanstap, begin spanning tussen die twee getroude pare opvlam. Nuwe alliansies word gevorm. Een reisiger maak ’n plan om sy verveling te hanteer: hy skryf alles wat hy kan onthou van Shakespeare se King Lear uit en oorreed die ander om die toneelstuk in te studeer. Terwyl die basiese oorlewingsmiddele van kos en water nie so ’n dringende probleem is nie (hulle vang snags dou op die dakke op en die Duitsers wat die myndorpie gebou het, het kratte geblikte wortels agtergelaat), verskuif die fokus na ’n volgende basiese drang: seks. Frustrasies, fantasieë en wedywering word op ’n seksuele vlak uitgespeel teen die agtergrond van die Bard se onsterflike woorde. En soos een karakter dit stel, Lear is die stuk waarin almal doodgaan teen die einde …

As ’n studie van menslike tipes en interaksie is die film absoluut boeiend. Maar die prentjie wat geskets word van die moderne mens met sy afhanklikheid van status, selfoon, sigarette en seksuele oorwinning is so leeg en steriel soos die eindelose sandduine van die woestyn. En die kuns slaag nie daarin om hulle van hulself te red en iets meer of beter uit hulle te haal nie.

Die filosofiese onderbou van die film word verskaf deur die ou man (Peter Kubheka) wat in die dorpie agtergebly het toe die koloniste verkas het en daagliks op sy stoep oor die woestyn sit en uitstaar. Sy vertellerstem gee ’n waarneming van die reisigers (“hulle was die hele tyd bang”; “hulle verstaan nie die woestyn nie”; “hulle praat baie woorde, maar hulle praat nog nie met mekaar nie”) wat terselfdertyd ’n appèl aan die moderne mens is.

The King is Alive word aanbeveel vir fliekkykers wat nie noodwendig vermaak wil word nie (Dogme-films is “lelik” in die konvensionele sin) maar wat iets soek om oor na te dink.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.